-
Egskeiding—Wat sê die Bybel werklik?Die Wagtoring – 1988 | Mei 15
-
-
Jesus se bogemelde woorde het deel uitgemaak van sy antwoord op die Fariseërs se vraag: “Is dit ’n man geoorloof om oor allerhande redes van sy vrou te skei?” (Mattheüs 19:3-6). Omdat die Fariseërs nie met die antwoord tevrede was nie, het hulle hom verder uitgevra: “Waarom het Moses dan beveel om ’n skeibrief te gee en van haar te skei?” Daarop het Jesus gesê: “Omdat Moses weens die hardheid van jul harte julle toegelaat het om van julle vroue te skei; maar van die begin af was dit nie so nie.” Toe het hy bygevoeg: “Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery, en ’n ander een trou, pleeg egbreuk.”—Mattheüs 19:7-9.
-
-
Egskeiding—Wat sê die Bybel werklik?Die Wagtoring – 1988 | Mei 15
-
-
Toe die mensdom tot sonde en onvolmaaktheid verval het, het die huweliksinstelling insgelyks (Romeine 5:12). Aangesien mense nie langer volmaak was nie, het menseverhoudinge gespanne geraak en is dit deur selfsug, hebsug en eiebelang bederf. Dit is wat Jesus “die hardheid van jul harte” genoem het, om welke rede die Mosaïese Wet voorsiening vir egskeiding gemaak het. Jesus het die Fariseërs nietemin herinner: “Van die begin af was dit nie so nie.” Huweliksmaats moet nou, onder onvolmaakte omstandighede, alle seile bysit om enige moeilikhede en probleme op te los eerder as om dit as redes of verskonings vir die ontbinding van hulle huwelik te gebruik. Jesus het egter getoon dat daar een uitsondering is, naamlik owerspel. Huweliksontrou kan ’n rede vir die ontbinding van ’n huwelik wees.
-
-
Egskeiding—Wat sê die Bybel werklik?Die Wagtoring – 1988 | Mei 15
-
-
Uit die voorgaande is dit duidelik dat die Bybel nie sê dat alle huwelike permanent moet bly en dat egskeiding hoegenaamd nie toelaatbaar is nie. Aan die ander kant verstrek die Bybel net een aanneemlike rede vir egskeiding, naamlik “hoerery”.
‘Laat die huwelik eerbaar wees’
Moedig die Bybel egskeiding aan deurdat dit ’n rede vir egskeiding toelaat? Maak hierdie toegewing die huwelik iets onbeduidends of laat dit die waardigheid daarvan afneem? Of plaas die Bybel, deur slegs een rede vir egskeiding toe te laat, ’n onredelike las op diegene wat trou?
Inteendeel, die Bybel praat van die huwelik as een van die hegste en intiemste bande wat tussen twee mense kan bestaan. “Die man [sal] sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees”, sê die Genesisverslag oor die eerste huwelik (Genesis 2:24). En huweliksmaats moet hierdie “een vlees”-verhouding as iets kosbaars bewaar. “Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet”, maan die Bybel.—Hebreërs 13:4.
Daar is al dikwels, op verskeie maniere, gesê dat die grondslag van ’n blywende en gelukkige huwelik nie romantiese liefde nie maar onselfsugtigheid is. Dit is presies wat die Bybel toon. Dit sê: “Die mans [behoort] hul eie vroue lief te hê soos hul eie liggame. Wie sy eie vrou liefhêt, het homself lief; want niemand het ooit sy eie vlees gehaat nie, maar hy voed en koester dit, net soos die Here die gemeente. . . . En die vrou moet die man eerbiedig” (Efesiërs 5:28-33). En in onomwonde taal maan die Bybel: “Die man moet sy huweliksplig teenoor sy vrou nakom, en net so ook die vrou teenoor haar man. Die vrou beskik nie oor haar eie liggaam nie, maar die man; net so beskik die man ook nie oor sy eie liggaam nie, maar die vrou. Moenie vir mekaar omgang weier nie.”—1 Korinthiërs 7:3-5, NAV.
Wanneer albei huweliksmaats bereid is om sulke wyse raad te gehoorsaam, is dit hoogs onwaarskynlik dat hulle huwelik sodanig agteruit sal gaan dat een van hulle ’n buite-egtelike liefdesverhouding sal aanknoop en dus, in werklikheid, die “een vlees”-verhouding vernietig. Selfs al aanvaar een van die huweliksmaats nie sulke Bybelbeginsels nie, kan die gelowige huweliksmaat verseker wees dat God se manier steeds die beste is, en talle huweliksprobleme kan sodoende opgelos of vermy word.
-