-
Jesus antwoord ’n ryk jong heerserJesus – Die weg, die waarheid, die lewe
-
-
Jesus voeg by: “Maar baie wat eerste is, sal laaste wees, en baie wat laaste is, sal eerste wees” (Matteus 19:30). Wat bedoel hy?
Die ryk jong heerser is onder dié wat “eerste is,” die Joodse leiers. Omdat hy God se gebooie gehoorsaam, het hy baie potensiaal en word daar dalk baie van hom verwag. Maar rykdom en besittings is vir hom belangriker as enigiets anders in die lewe. In teenstelling hiermee sien die gewone mense van die land die waarheid en die weg na die lewe in Jesus se leringe. Tot nou toe was hulle “laaste”, maar hulle sal “eerste” word. Hulle kan daarna uitsien om saam met Jesus in die hemel op trone te sit en om oor die Paradysaarde te regeer.
-
-
Die illustrasie van die werkers in die wingerdJesus – Die weg, die waarheid, die lewe
-
-
Jesus het nou net vir sy luisteraars in Perea gesê: “Baie wat eerste is, sal laaste wees, en baie wat laaste is, sal eerste wees” (Matteus 19:30). Hy beklemtoon hierdie stelling met ’n illustrasie oor werkers in ’n wingerd:
-