Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Werkers in die wingerd
    Die Wagtoring – 1989 | Augustus 15
    • “BAIE wat eerste is”, het Jesus pas gesê, “sal laaste wees, en wat laaste is, eerste.” Nou lig hy dit toe deur ’n verhaal te vertel. “Die koninkryk van die hemele”, begin hy, “is soos ’n huisheer wat vroeg in die môre uitgegaan het om arbeiders vir sy wingerd te huur.”

  • Werkers in die wingerd
    Die Wagtoring – 1989 | Augustus 15
    • Die werkers wat 12 uur, of ’n volle dag, werk, beeld die Joodse leiers af wat deurentyd gewyde diens gelewer het. Hulle is anders as Jesus se dissipels, wat die grootste deel van hulle lewe in die vissersbedryf of ander sekulêre beroepe was. Dit was eers in die noordelike herfs van 29 G.J. dat die “huisheer” Jesus Christus gestuur het om hierdie mense te versamel om sy dissipels te wees. Hulle het dus “die laastes”, of die wingerdwerkers van die elfde uur, geword.

  • Werkers in die wingerd
    Die Wagtoring – 1989 | Augustus 15
    • Die ontvangs van die penning het nie by Jesus se dood nie, maar by Pinkster 33 G.J. plaasgevind toe Christus, die “opsigter”, heilige gees oor sy dissipels uitgestort het. Die dissipels van Jesus was soos “die laastes”, of die werkers wat die elfde uur begin het. Die penning het nie die gawe van die heilige gees self afgebeeld nie.

  • Werkers in die wingerd
    Die Wagtoring – 1989 | Augustus 15
    • Die wat eerste gehuur is, het spoedig gemerk dat Jesus se dissipels betaal is en het gesien dat hulle die simboliese penning gebruik. Maar hulle wou meer as heilige gees en die gepaardgaande Koninkryksvoorregte hê. Hulle murmurering en besware was in die vorm van vervolging van Christus se dissipels, die ‘laaste’ werkers in die wingerd.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel