-
Werkers in die wingerdDie Wagtoring – 1989 | Augustus 15
-
-
Die simboliese werkdag eindig uiteindelik met die dood van Jesus, en die tyd breek aan om die werkers te betaal. Die ongewone reël om die laastes eerste te betaal word gevolg, soos verduidelik word: “Toe dit aand geword het, sê die heer van die wingerd vir sy opsigter: Roep die arbeiders en betaal hulle hul loon; en begin van die laastes af tot by die eerstes. En die wat omtrent die elfde uur begin het, het gekom en elkeen ’n penning ontvang. Die eerstes kom toe en dink dat hulle meer sal ontvang, en hulle het ook elkeen ’n penning ontvang. En toe hulle dit ontvang, murmureer hulle by die huisheer en sê: Hierdie laastes het een uur gewerk, en u het hulle gelykop behandel met ons wat die las van die dag en die hitte gedra het. Maar hy antwoord en sê vir een van hulle: Vriend, ek doen jou geen onreg aan nie. Het jy nie met my ooreengekom vir ’n penning nie? Neem dan wat joue is, en gaan heen. Ek wil aan hierdie laaste een gee net soos aan jou. Of staan dit my nie vry om met my eie goed te maak wat ek wil nie? Of is jou oog verkeerd, omdat ek goed is?” Ten slotte herhaal Jesus ’n gedagte waarop hy vroeër die aandag gevestig het, en sê: “So sal die wat laaste is, eerste wees, en die wat eerste is, laaste.”
Die ontvangs van die penning het nie by Jesus se dood nie, maar by Pinkster 33 G.J. plaasgevind toe Christus, die “opsigter”, heilige gees oor sy dissipels uitgestort het. Die dissipels van Jesus was soos “die laastes”, of die werkers wat die elfde uur begin het. Die penning het nie die gawe van die heilige gees self afgebeeld nie.
Die penning was iets wat die dissipels hier op aarde kon gebruik. Dit was iets waarvan hulle bestaan, hulle ewige lewe, afgehang het. Dit was die voorreg om ’n geestelike Israeliet te wees wat gesalf is om God se Koninkryk te verkondig.
-
-
Werkers in die wingerdDie Wagtoring – 1989 | Augustus 15
-
-
Die wat eerste gehuur is, het spoedig gemerk dat Jesus se dissipels betaal is en het gesien dat hulle die simboliese penning gebruik. Maar hulle wou meer as heilige gees en die gepaardgaande Koninkryksvoorregte hê. Hulle murmurering en besware was in die vorm van vervolging van Christus se dissipels, die ‘laaste’ werkers in die wingerd.
-