-
Hoe word die goeie nuus bekend gemaak?Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
-
-
4. Ons werk hard om alle mense van die goeie nuus te vertel
Jehovah se Getuies doen baie moeite om mense regoor die wêreld van die goeie nuus te vertel. Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vraag.
Wat beïndruk jou oor die moeite wat Jehovah se Getuies doen om te preek?
Lees Matteus 22:39 en Romeine 10:13-15, en bespreek dan hierdie vrae:
Hoe wys die feit dat ons preek, dat ons lief is vir ander mense?
Hoe voel Jehovah oor mense wat ander van die goeie nuus vertel? – Sien vers 15.
-
-
Hoe kan ons skoon en rein wees in God se oë?Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
-
-
4. Leer slegte gewoontes af
Jehovah kan ons help om enige slegte gewoonte af te leer
As jy rook of dwelms gebruik, weet jy dalk hoe moeilik dit is om die gewoonte af te leer. Wat kan jou help? Kyk hoe die gewoonte jou affekteer. Lees Matteus 22:37-39, en bespreek dan hoe tabak of dwelmmisbruik . . .
’n persoon se vriendskap met Jehovah affekteer.
’n persoon se familie en ander rondom hom affekteer.
Maak ’n plan om ’n slegte gewoonte af te leer.a Speel die VIDEO.
Lees Filippense 4:13, en bespreek dan hierdie vraag:
Hoe kan gereelde gebed, Bybelstudie en vergaderingbywoning ’n persoon die krag gee om ’n slegte gewoonte af te leer?
5. Veg teen onrein gedagtes en gewoontes
Lees Kolossense 3:5, en bespreek dan hierdie vrae:
Hoe weet ons dat pornografie, sexting en masturbasie onrein in Jehovah se oë is?
Dink jy dat ons sedelik rein kan wees, soos Jehovah van ons verwag? Hoekom?
Vind uit hoe om teen onrein gedagtes te veg. Speel die VIDEO.
Jesus het ’n illustrasie gebruik om te wys dat ons moet optree en moet doen wat nodig is om sedelik rein te bly. Lees Matteus 5:29, 30, en bespreek dan hierdie vraag:
Jesus het nie gesê dat ons onsself fisies moet seermaak nie, maar hy het wel gesê dat ons moet optree. Wat kan ’n persoon doen om onrein gedagtes te vermy?b
As jy probeer om van onrein gedagtes ontslae te raak, moet jy onthou dat Jehovah dit waardeer. Lees Psalm 103:13, 14, en bespreek dan hierdie vraag:
As jy met ’n onrein gewoonte sukkel, hoe moedig hierdie vers jou aan om aan te hou veg?
Moenie opgee nie!
Dit kan maklik wees om te dink: ‘Ek het dit nie reggekry nie, so ek kan net sowel opgee.’ Maar dink hieraan: Net omdat ’n hardloper struikel en val, beteken dit nie dat hy die wedloop verloor het nie, en hy hoef ook nie weer van voor af te begin nie. Net so beteken dit nie dat jy die geveg teen die slegte gewoonte verloor het as jy ’n terugslag het nie. En dit beteken ook nie dat al die vordering wat jy gemaak het, niks beteken nie of dat jy weer van voor af moet begin nie. Om ’n terugslag te hê, is normaal. Moenie opgee nie! Jehovah kan jou help om die slegte gewoonte af te leer.
-