-
Dit is nóú die laaste dae!Kennis wat tot die ewige lewe lei
-
-
2. Watter vraag het Jesus se dissipels hom gevra, en hoe het hy geantwoord?
2 Kyk byvoorbeeld na Jesus se antwoord op ’n paar vrae wat sy dissipels gestel het. Drie dae voor Jesus se dood het hulle hom gevra: “Wat sal die teken van u teenwoordigheid en van die voleinding van die stelsel van dinge wees?”a (Matteus 24:3). In antwoord hierop het Jesus spesifieke wêreldge–beure en -situasies gemeld wat duidelik sou toon dat die laaste dae van hierdie goddelose stelsel aangebreek het.
-
-
Dit is nóú die laaste dae!Kennis wat tot die ewige lewe lei
-
-
a Party Bybels gebruik die woord “wêreld” in plaas van “stelsel van dinge”. Volgens W. E. Vine se Expository Dictionary of New Testament Words slaan die Griekse woord ai·onʹ op “’n onbepaalde tydperk, of tyd wat gesien word in verhouding tot wat in die tydperk plaasvind”. Parkhurst se Greek and English Lexicon to the New Testament (bladsy 17) sluit die uitdrukking “hierdie stelsel van dinge” in waar dit die gebruik van ai·oʹnes (meervoud) in Hebreërs 1:2 bespreek. Die vertaling “stelsel van dinge” is dus in ooreenstemming met die oorspronklike Griekse teks.
-