Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Wat werklik nodig is om gelukkig te wees
    Die Wagtoring – 2004 | September 1
    • Maar ons wonder dalk hoe mense wat honger en dors na regverdigheid of wat treur, gelukkig genoem kan word. Hierdie mense het ’n realistiese beskouing van wêreldtoestande. Hulle “sug en steun oor al die verfoeilike dinge wat [in ons tyd] gedoen word” (Esegiël 9:4). Dit op sigself maak hulle nie gelukkig nie. Maar wanneer hulle leer dat dit God se voorneme is om regverdige toestande op die aarde en geregtigheid vir die verdruktes teweeg te bring, ken hulle vreugde geen perke nie.—Jesaja 11:4.

  • Wat werklik nodig is om gelukkig te wees
    Die Wagtoring – 2004 | September 1
    • Mense wat treur, wat honger en dors na regverdigheid en wat bewus is van hulle geestelike behoefte, besef hoe belangrik dit is om ’n goeie verhouding met die Skepper te hê. ’n Goeie verhouding met mense dra by tot geluk, maar ’n goeie verhouding met God dra selfs meer daartoe by. Ja, opregte liefhebbers van wat reg is, wat bereid is om goddelike leiding te aanvaar, kan waarlik gelukkig genoem word.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel