Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Geloof in Bybelprofesieë red lewens
    Die Wagtoring – 2007 | April 1
    • Binne drie maande trek die Romeinse goewerneur van Sirië, Cestius Gallus, met 30 000 soldate af na die suide om die Joodse opstand te onderdruk. Sy leër kom gedurende die Huttefees by Jerusalem aan en dring gou die voorstede binne. Die Selote, wat in die minderheid is, soek skuiling in die tempel. Romeinse soldate begin weldra die tempelmuur ondergrawe. Die Jode is geskok. Heidense soldate is dan nou besig om Judaïsme se heiligste plek te verontreinig! Maar die Christene in die stad onthou Jesus se woorde: ‘Wanneer julle die walglike ding in ’n heilige plek sien staan, laat dié wat in Judea is, dan na die berge begin vlug’ (Matteus 24:15, 16). Sal hulle geloof stel in Jesus se profetiese woorde en beweeg word om dienooreenkomstig op te tree? Uiteindelik sou hulle lewe daarvan afhang dat hulle dit doen. Maar hoe?

      Skielik, sonder enige verklaarbare rede, onttrek Cestius Gallus sy soldate en gaan hulle terug na die kus, met die Selote kort op hulle hakke. Die verdrukking oor die stad is verbasend genoeg kortgeknip! Die Christene toon hulle geloof in Jesus se profetiese waarskuwing en vlug uit Jerusalem na Pella, ’n neutrale stad in die berge oorkant die Jordaanrivier. Hulle vlug net betyds. Die Selote keer gou na Jerusalem terug en dwing die oorblywende inwoners om by hulle opstand aan te sluit.a Intussen wag die Christene veilig in Pella vir verdere verwikkelinge.

  • Geloof in Bybelprofesieë red lewens
    Die Wagtoring – 2007 | April 1
    • a Die Joodse geskiedskrywer Josefus berig dat die Selote die Romeine sewe dae lank agtervolg het voordat hulle na Jerusalem teruggekeer het.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel