-
‘Wat sal die teken van u teenwoordigheid wees?’Die Wagtoring – 1994 | Februarie 15
-
-
13. Waarom kon Christene Jesus se waarskuwing om te vlug, gehoorsaam?
13 Maar waarom sou enigiemand moes vlug as die Romeine van Jerusalem af weggetrek het? Jesus se woorde het getoon dat gebeure bewys het ‘dat die verwoesting van Jerusalem naby was’ (Lukas 21:20). Ja, verwoesting. Hy het ’n “verdrukking” voorspel ‘soos daar van die begin af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie’. Ongeveer drie en ’n half jaar later, in 70 G.J., het Jerusalem wel “groot verdrukking” gely wat deur die Romeinse leërs onder generaal Titus oor hulle gebring is (Mattheüs 24:21; Markus 13:19). Maar waarom sou Jesus hierdie verdrukking beskryf as een wat groter sou wees as enigeen wat voorheen plaasgevind het of daarna sou plaasvind?
14. Waarom kan ons sê dat wat met Jerusalem in 70 G.J. gebeur het ’n “groot verdrukking” was soos daar nog nooit gewees het en ook nooit daarna was nie?
14 Jerusalem is in 607 v.G.J. deur die Babiloniërs geplunder, en die stad het in ons eeu verskriklike gevegte beleef. Maar wat in 70 G.J. gebeur het, was ’n groot verdrukking in ’n unieke sin. In ’n veldtog van sowat vyf maande het Titus se krygers die Jode verslaan. Hulle het sowat 1 100 000 Jode om die lewe gebring en byna 100 000 in gevangenskap weggevoer. Daarbenewens het die Romeine Jerusalem verwoes. Dit het bewys dat die Joodse stelsel van aanbidding wat eers goedgekeur was, en waarvan die tempel die middelpunt was, vir goed geëindig het (Hebreërs 1:1, 2). Ja, die gebeure van 70 G.J. kon tereg beskou word as ’n ‘verdrukking soos daar van die begin van die wêreld af nie [vir daardie stad, volk en stelsel] gewees het en ook nooit weer sal wees nie’.—Mattheüs 24:21.d
-
-
‘Wat sal die teken van u teenwoordigheid wees?’Die Wagtoring – 1994 | Februarie 15
-
-
d Die Britse skrywer Matthew Henry het opgemerk: “Die vernietiging van Jerusalem deur die Chaldeërs was baie erg, maar hierdie een het dit oortref. Dit het gedreig om al . . . die Jode uit te wis.”
-
-
‘Wat sal die teken van u teenwoordigheid wees?’Die Wagtoring – 1994 | Februarie 15
-
-
[Prent op bladsy 10]
Die verdrukking in 70 G.J. was die grootste wat Jerusalem en die Joodse stelsel tot nog toe ondervind het
-