-
Hoe sal jy voor die regterstoel staan?Die Wagtoring – 1995 | Oktober 15
-
-
20, 21. Wat het Jesus se apostels gevra wat op ons tyd betrekking het, en tot watter vraag gee dit aanleiding?
20 Kort voor Jesus gesterf het, het sy apostels hom gevra: “Wanneer sal hierdie dinge wees, en wat sal die teken van u teenwoordigheid en van die voleinding van die stelsel van dinge wees?” (Matteus 24:3). Jesus het voorspel dat betekenisvolle gebeure op aarde sal plaasvind voor ‘die einde kom’. Kort voor daardie einde sal die nasies “die Seun van die mens met krag en groot heerlikheid op die wolke van die hemel sien kom”.—Matteus 24:14, 29, 30.
21 Hoe sal mense in daardie nasies egter vaar wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom? Kom ons vind dit uit in die gelykenis van die skape en die bokke, wat met dié woorde begin: “Wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom, en al die engele saam met hom, dan sal hy op sy heerlike troon gaan sit. En al die nasies sal voor hom versamel word.”—Matteus 25:31, 32.
22, 23. Watter punte dui daarop dat die gelykenis van die skape en die bokke nie in 1914 in vervulling begin gaan het nie?
22 Is hierdie gelykenis van toepassing op die tyd toe Jesus in 1914 in koningsmag gaan sit het, soos ons dit lank verstaan het? Wel, Matteus 25:34 praat inderdaad van hom as Koning; daarom is dit logies dat die gelykenis van toepassing is sedert Jesus in 1914 Koning geword het. Maar watter oordeelswerk het hy kort daarna gedoen? Dit was nie ’n oordeel van “al die nasies” nie. Hy het eerder sy aandag gevestig op diegene wat beweer dat hulle “die huis van God” uitmaak (1 Petrus 4:17). In ooreenstemming met Maleagi 3:1-3 het Jesus, as Jehovah se boodskapper, regterlike inspeksie gehou van die gesalfde Christene wat op die aarde oor was. Dit was ook tyd om die Christendom, wat valslik beweer dat dit “die huis van God” is, regterlik te vonnis (Openbaring 17:1, 2; 18:4-8).c Tog is daar geen aanduiding dat Jesus op daardie tydstip, of wat dit betref daarná, gesit het om mense van al die nasies finaal as skape of bokke te oordeel nie.
23 As ons Jesus se werksaamhede in die gelykenis ontleed, sien ons hoe hy al die nasies finaal oordeel. Die gelykenis toon nie dat hierdie oordeel oor ’n lang tydperk van baie jare sou voortduur nie, asof elke persoon wat gedurende hierdie afgelope dekades gesterf het, geoordeel is om die ewige dood of die ewige lewe te verdien. Die meerderheid wat in onlangse dekades gesterf het, het blykbaar na die mensdom se gemeenskaplike graf gegaan (Openbaring 6:8; 20:13). Die gelykenis beskryf egter die tyd wanneer Jesus die mense van “al die nasies” oordeel wat dan lewe en wat voor die voltrekking van sy regterlike vonnis staan.
24. Wanneer sal die gelykenis van die skape en die bokke vervul word?
24 Met ander woorde, die gelykenis wys na die toekoms wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid sal kom. Hy sal gaan sit om mense wat dan lewe te oordeel. Sy oordeel sal gegrond wees op wat hulle self getoon het hulle is. Op daardie tydstip sal “die onderskeid . . . tussen die regverdige en die goddelose” duidelik vasgestel wees (Maleagi 3:18). Die werklike uitspraak en voltrekking van oordeel sal in ’n beperkte tyd uitgevoer word. Jesus sal regverdige beslissings gee wat gegrond is op wat aan die lig gekom het omtrent individue.—Sien ook 2 Korintiërs 5:10.
25. Wat beskryf Matteus 25:31 wanneer dit praat van die Seun van die mens wat op ’n heerlike troon gaan sit?
25 Dit beteken dus dat die profesie van Jesus wat “op sy heerlike troon gaan sit” om te oordeel, soos in Matteus 25:31 gemeld word, op die toekomstige tyd slaan wanneer hierdie magtige Koning sal gaan sit om oordeel oor die nasies uit te spreek en dit te voltrek. Ja, die oordeelstoneel waarby Jesus in Matteus 25:31-33, 46 betrokke is, kan vergelyk word met die toneel in Daniël hoofstuk 7 waar die heersende Koning, die Oue van dae, gaan sit het om sy rol as Regter te volbring.
26. Watter nuwe verduideliking van die gelykenis word duidelik?
26 As die gelykenis van die skape en die bokke só verstaan word, dui dit daarop dat die skape en die bokke in die toekoms geoordeel gaan word. Dit sal plaasvind nadat “die verdrukking” wat in Matteus 24:29, 30 gemeld word, uitgebreek en die Seun van die mens ‘in sy heerlikheid gekom’ het. (Vergelyk Markus 13:24-26.) Daarna, aan die einde van die goddelose stelsel in sy geheel, sal Jesus ’n hofsitting hou en uitspraak lewer sowel as die vonnis voltrek.—Johannes 5:30; 2 Tessalonisense 1:7-10.
-
-
Watter toekoms vir die skape en die bokke?Die Wagtoring – 1995 | Oktober 15
-
-
3. Wat het Jesus vroeër in sy bespreking gesê sou onmiddellik ná die begin van die groot verdrukking gebeur?
3 Jesus het voorspel dat merkwaardige gebeure sou plaasvind “onmiddellik ná” die groot verdrukking uitgebreek het; gebeure waarna ons uitsien. Hy het gesê dat “die teken van die Seun van die mens” dan sal verskyn. Dit sal ’n groot uitwerking hê op “al die stamme van die aarde” wat “die Seun van die mens met krag en groot heerlikheid op die wolke van die hemel [sal] sien kom”. Die Seun van die mens sal van “sy engele” vergesel wees (Matteus 24:21, 29-31).a Wat van die gelykenis van die skape en die bokke? Moderne Bybels plaas dit in hoofstuk 25, maar dit maak deel uit van Jesus se antwoord en verstrek verdere besonderhede oor sy koms in heerlikheid en vestig die aandag op sy oordeel oor “al die nasies”.—Matteus 25:32.
Sinnebeelde in die gelykenis
4. Wat word aan die begin van die gelykenis van die skape en die bokke omtrent Jesus gesê, en wie anders speel ’n rol?
4 Jesus begin die gelykenis deur te sê: “Wanneer die Seun van die mens . . . kom.” Jy weet waarskynlik wie “die Seun van die mens” is. Die Evangelieskrywers het daardie uitdrukking dikwels op Jesus toegepas. Jesus self het dit ook gedoen; ongetwyfeld met Daniël se visioen in gedagte van ‘Een soos die Seun van ’n mens’ wat na die Oue van dae gekom het om “heerskappy en eer en koningskap” te ontvang (Daniël 7:13, 14; Matteus 26:63, 64; Markus 14:61, 62). Hoewel Jesus die vernaamste persoon in hierdie gelykenis is, is hy nie alleen nie. Vroeër in hierdie bespreking, soos ons in Matteus 24:30, 31 kan lees, het hy gesê dat sy engele ’n belangrike rol sal speel wanneer die Seun van die mens ‘met krag en groot heerlikheid kom’. Die gelykenis van die skape en die bokke toon eweneens dat engele saam met Jesus is wanneer hy “op sy heerlike troon gaan sit” om te oordeel. (Vergelyk Matteus 16:27.) Maar die Regter en sy engele is in die hemel; word mense dus in die gelykenis bespreek?
-
-
Watter toekoms vir die skape en die bokke?Die Wagtoring – 1995 | Oktober 15
-
-
LET OP DIE OOREENKOMSTE
Matteus 24:29-31 Matteus 25:31-33
Nadat die groot verdrukking Die Seun van die mens kom
begin, kom die Seun van die mens
Kom met groot heerlikheid Kom in heerlikheid en sit op
sy heerlike troon
-
-
Watter toekoms vir die skape en die bokke?Die Wagtoring – 1995 | Oktober 15
-
-
Al die stamme van die aarde sien hom Al die nasies versamel; bokke
bokke finaal geoordeel (die
groot verdrukking eindig)
-