Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ‘Die getroue slaaf’ deurstaan die toets!
    Die Wagtoring – 2004 | Maart 1
    • 2, 3. Waar het “daardie bose slaaf” vandaan gekom, en hoe het dit ontwikkel?

      2 Jesus het van die bose slaaf gepraat onmiddellik nadat hy “die getroue en verstandige slaaf” bespreek het. Hy het gesê: “As daardie bose slaaf ooit in sy hart sou sê: ‘My heer talm om te kom’, en sy medeslawe sou begin slaan en saam met die verstokte dronkaards sou eet en drink, sal die heer van daardie slaaf op ’n dag kom dat hy dit nie verwag nie en op ’n uur wat hy nie weet nie en hom met die grootste strengheid straf en hom sy deel by die huigelaars toewys. Dáár sal sy gehuil en die gekners van sy tande wees” (Matteus 24:48-51). Die uitdrukking “daardie bose slaaf” vestig ons aandag op Jesus se voorgaande woorde oor die getroue en verstandige slaaf. Ja, die “bose slaaf” het uit die geledere van die getroue slaaf gekom.a Hoe?

  • ‘Die getroue slaaf’ deurstaan die toets!
    Die Wagtoring – 2004 | Maart 1
    • 4. Wat het Jesus gedoen met die “bose slaaf” en met almal wat dieselfde gees getoon het?

      4 Hierdie voormalige Christene is as die “bose slaaf” geïdentifiseer, en Jesus het hulle met “die grootste strengheid” gestraf. Hoe? Hy het hulle verwerp, en hulle het hulle hemelse hoop verbeur. Hulle is egter nie dadelik vernietig nie. Hulle moes eers ’n tydperk van gehuil en gekners van tande in ‘die duisternis buite’ die Christengemeente verduur (Matteus 8:12). Sedert daardie vroeë dae het ’n paar ander gesalfdes ’n soortgelyke slegte gees geopenbaar en hulle met die “bose slaaf” geïdentifiseer. Party van die “ander skape” het hulle ontrouheid nagevolg (Johannes 10:16). Al hierdie vyande van die Christus beland in dieselfde geestelike “duisternis daar buite”.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel