Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • “Julle weet nie die dag en ook nie die uur nie”
    Die Wagtoring — 2012 | September 15
    • “Julle weet nie die dag en ook nie die uur nie”

      “Hou dus aan waak, want julle weet nie die dag en ook nie die uur nie.”—MATT. 25:13.

  • “Julle weet nie die dag en ook nie die uur nie”
    Die Wagtoring — 2012 | September 15
    • 1-3. (a) Watter situasies lig die punt toe van twee van Jesus se gelykenisse? (b) Watter vrae moet ons beantwoord?

      STEL jou voor ’n vooraanstaande amptenaar vra jou om hom na ’n belangrike afspraak te neem. Maar ’n paar minute voordat jy hom vir die vergadering gaan haal, besef jy dat daar nie genoeg brandstof in jou voertuig is nie. Jy moet gou brandstof gaan koop. Terwyl jy weg is, daag die amptenaar op. Hy kyk rond, maar hy kan jou nie vind nie. Hy kan nie wag nie en vra dus iemand anders om hom te neem. Kort daarna kom jy terug en besef jy dat die amptenaar sonder jou weg is. Hoe sal jy voel?

      2 Stel jou nou voor dat jy die amptenaar is en dat jy drie bekwame mans gekies het om belangrike werk te doen. Jy verduidelik wat die toewysing behels, en al drie aanvaar dit gewilliglik. Maar wanneer jy ’n ruk later terugkeer, vind jy uit dat net twee van hulle hulle taak verrig het. Wat meer is, die een wat dit nie gedoen het nie, maak verskonings. Trouens, hy het nie eers ’n poging aangewend nie. Hoe sal jy voel?

      3 In sy gelykenisse van die maagde en die talente het Jesus soortgelyke situasies gebruik om toe te lig waarom party gesalfde Christene gedurende die tyd van die einde getrou en verstandig sou wees, maar ander nie (Matt. 25:1-30).a Hy het sy punt beklemtoon deur te sê: “Hou dus aan waak, want julle weet nie die dag en ook nie die uur nie”—dit wil sê wanneer Jesus God se oordeel aan Satan se wêreld sal voltrek (Matt. 25:13). Ons kan vandag hierdie raad toepas. Hoe kan ons daarby baat vind om aan te hou waak, soos Jesus ons aangespoor het? Wie is gereed vir oorlewing? En wat moet ons nou doen om aan te hou waak?

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel