-
Christus se daadwerklike leiding vandagDie Wagtoring – 1987 | Augustus 1
-
-
1. Hoe het Christus sy “besittings” aan sy dissipels toevertrou?
TOE Christus in 33 G.J. op die punt gestaan het om sy dissipels te verlaat en terug te keer hemel toe, het hy ‘sy besittings aan hulle toevertrou’. Dit het behels dat hulle “ambassadeurs in die plek van Christus” moes wees en die predikingswerk waarmee hy begin het, moes aanpak en uitbrei “tot aan die uiterste van die aarde”. Voordat hy hulle verlaat het, het hy hulle beveel om ‘dissipels van al die nasies te maak’. Het ons getuienis dat hy hulle uitvoering van hierdie opdrag opmerksaam dopgehou het? Beslis!—Mattheüs 25:14; 2 Korinthiërs 5:20, NW; Handelinge 1:8; Mattheüs 28:19.
-
-
Christus se daadwerklike leiding vandagDie Wagtoring – 1987 | Augustus 1
-
-
Die Heer en sy diensknegte
4. Hoe het Christus “op reis” gegaan en toe “ná ’n lang tyd” teruggekeer?
4 Nadat Christus homself vergelyk het met “’n man wat op reis wou gaan en sy diensknegte roep en aan hulle sy besittings toevertrou”, het hy bygevoeg: “Ná ’n lang tyd het die heer van daardie diensknegte gekom en met hulle afgereken” (Mattheüs 25:14, 19). In 33 G.J. het Christus ‘heengegaan na die hemel’, waar hy “aan die regterhand van God” gaan sit het (1 Petrus 3:22). “Ná ’n lang tyd” het Christus, nadat hy in 1914 op die troon geplaas is, ‘te midde van sy vyande begin heers’ deur Satan en sy demone na die aarde neer te werp (Psalm 110:1, 2; Openbaring 12:7-9). Toe het hy sy aandag op sy knegte gevestig. Die tyd het aangebreek om met hulle af te reken. Hy was nou, meer as ooit tevore, hulle aktiewe Leier.
-