Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Wat beweeg jou om God te dien?
    Die Wagtoring – 1995 | Junie 15
    • 17. Vertel kortliks die gelykenis van die talente in jou eie woorde.

      17 Beskou Jesus se gelykenis van die talente, soos opgeteken in Matteus 25:14-30. ’n Man wat op die punt gestaan het om na die buiteland te reis, het sy slawe ontbied en sy besittings aan hulle toevertrou. “Vir een het hy vyf talente gegee, vir ’n ander twee, vir nog ’n ander een, vir elkeen volgens sy eie vermoë.” Wat het die heer gevind toe hy teruggekeer het om met sy slawe afrekening te hou? Die slaaf wat vyf talente ontvang het, het nog vyf verkry. Ook die slaaf wat twee talente ontvang het, het nog twee verkry. Die slaaf wat een talent ontvang het, het dit in die grond begrawe en niks gedoen om sy heer se rykdom te vermeerder nie. Hoe het die heer die situasie beskou?

      18, 19. (a) Waarom het die heer nie die slaaf wat twee talente ontvang het met die slaaf vergelyk wat vyf talente ontvang het nie? (b) Wat leer die gelykenis van die talente ons oor lof en vergelykings? (c) Waarom het die derde slaaf ’n ongunstige oordeel ontvang?

      18 Kom ons kyk eers na die slawe wat onderskeidelik vyf en twee talente ontvang het. Die heer het vir elk van hierdie slawe gesê: “Mooi so, goeie en getroue slaaf!” Sou hy dit vir die slaaf met vyf talente gesê het as daardie slaaf net twee verkry het? Waarskynlik nie! Daarenteen het hy ook nie vir die slaaf wat twee talente verkry het, gesê: ‘Waarom het jy nie vyf verkry nie? Kyk net na jou medeslaaf en hoeveel hy vir my verkry het!’ Nee, die medelydende heer, wat Jesus afgebeeld het, het nie vergelykings gemaak nie. Hy het die talente aan “elkeen volgens sy eie vermoë” gegee, en hy het nie meer terugverwag as wat elkeen kon gee nie. Albei slawe het ewe veel lof ontvang, want albei het heelhartig vir hulle heer gewerk. Ons kan almal hieruit leer.

  • Wat beweeg jou om God te dien?
    Die Wagtoring – 1995 | Junie 15
    • 20. Hoe beskou Jehovah ons beperkinge?

      20 Jehovah verwag van ons elkeen om hom met ons hele krag lief te hê, en tog is dit so hartverblydend dat “Hy weet watter maaksel ons is, gedagtig dat ons stof is”! (Psalm 103:14). Spreuke 21:2 sê “die HERE toets die harte”—nie statistiek nie. Hy verstaan al die beperkinge waaroor ons geen beheer het nie, of dit nou geldelik, fisies, emosioneel of iets anders is (Jesaja 63:9). Terselfdertyd verwag hy dat ons moet woeker met al die middele wat ons het. Jehovah is volmaak, maar wanneer dit by sy onvolmaakte aanbidders kom, is hy nie ’n perfeksionis nie. Hy is nie onredelik in sy optrede of onrealisties in sy verwagtinge nie.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel