-
Leer uit die illustrasie van die talenteDie Wagtoring — 2015 | Maart 15
-
-
4, 5. Na wie verwys die man in die gelykenis, en wat is ’n talent?
4 Lees Matteus 25:14-30. In die gelykenis van die talente het Jesus van ’n man gepraat wat op reis gegaan het. In ’n soortgelyke gelykenis het Jesus van ’n man gepraat wat na ’n ver land gereis het om koninklike mag te verkry (Lukas 19:12).d (Sien voetnoot.) Ons publikasies het jare lank gesê dat die man in albei gelykenisse verwys na Jesus, wat in die jaar 33 na die hemel opgevaar het. Maar Jesus het nie onmiddellik Koning geword toe hy hemel toe is nie. Hy het tot 1914 gewag, toe sy vyande “’n voetbank vir sy voete gemaak” is.—Hebreërs 10:12, 13.
-
-
Leer uit die illustrasie van die talenteDie Wagtoring — 2015 | Maart 15
-
-
f Kort nadat die apostels gesterf het, het die afvalligheid na al die gemeentes versprei. Daar is eeue lank baie min in die predikingswerk gedoen. Maar gedurende “die oestyd”, of die tyd van die einde, sou die predikingswerk weer begin (Matteus 13:24-30, 36-43). Sien Die Wagtoring van 15 Julie 2013, bladsye 9-12.
-
-
Leer uit die illustrasie van die talenteDie Wagtoring — 2015 | Maart 15
-
-
8. Wat het die heer verwag, al het elke slaaf ’n ander bedrag geld ontvang?
8 Jesus het gesê dat die heer vyf talente vir die eerste slaaf gegee het, twee talente vir die tweede slaaf en een talent vir die derde slaaf (Matteus 25:15). Die heer het elke slaaf ’n ander bedrag geld gegee, maar hy het verwag dat hulle almal hulle bes moet doen om meer geld vir hom te maak. Net so het Jesus van sy gesalfde volgelinge verwag om hulle bes in die predikingswerk te doen (Matteus 22:37; Kolossense 3:23). Op Pinkster in die jaar 33 het Jesus se volgelinge dissipels begin maak van mense van al die nasies. En wanneer ons die Bybelboek Handelinge lees, is dit duidelik dat hulle hard gewerk het.f (Sien voetnoot.)—Handelinge 6:7; 12:24; 19:20.
DIE SLAWE GEBRUIK DIE TALENTE IN DIE TYD VAN DIE EINDE
9. (a) Wat het die twee getroue slawe met die geld gedoen, en wat leer ons hieruit? (b) Wat moet diegene doen wat die hoop het om vir ewig op die aarde te lewe?
9 Die eerste twee slawe, wat hulle heer se geld goed gebruik het, verwys na die getroue gesalfde broers en susters gedurende die tyd van die einde. Veral sedert 1919 doen hulle hulle bes in die predikingswerk. In die gelykenis het hierdie twee slawe elkeen ’n ander bedrag geld ontvang, maar dit beteken nie dat daar twee verskillende groepe getroue gesalfdes is nie. Albei slawe het hard gewerk en die geld verdubbel. Maar is dit net die gesalfdes wat hard moet werk in die predikings- en onderrigtingswerk? Nee. Jesus se gelykenis van die skape en die bokke leer ons dat diegene wat die hoop het om vir ewig op die aarde te lewe, sy gesalfde broers met die predikingswerk moet help en lojaal aan hulle moet wees. Hulle beskou dit as ’n eer om hulle te help. Ja, Jehovah se volk is “een kudde”, en hulle almal werk hard om te preek en dissipels te maak.—Johannes 10:16.
10. Wat is een van die bewyse dat ons in die tyd van die einde lewe?
10 Jesus verwag dat al sy volgelinge hard moet werk om meer dissipels te maak. Dit is wat sy dissipels in die eerste eeu gedoen het. Doen Jesus se volgelinge dieselfde werk in hierdie tyd van die einde, die tydperk waarin Jesus se gelykenis van die talente vervul word? Ja, nog nooit in die geskiedenis het soveel mense die goeie nuus gehoor en dissipels geword nie! Danksy die harde werk van al Jesus se volgelinge word honderdduisende mense elke jaar gedoop. En ook hulle help met die predikingswerk. Al hierdie pogings en die goeie resultate wat dit oplewer, toon duidelik dat die predikingswerk ’n belangrike deel is van die teken wat Jesus oor die tyd van die einde gegee het. Jesus is ongetwyfeld trots op sy werkers!
Jesus sal al sy dissipels beloon wat hard werk in die predikingswerk (Sien paragraaf 10)
-