-
‘Die getroue dienskneg’ en sy BestuursliggaamDie Wagtoring – 1990 | Maart 15
-
-
13 In ’n parallelle gelykenis, die gelykenis van die talente, het Jesus gesê dat die heer na ’n lang tyd teruggekom het om van sy diensknegte rekenskap te eis. Aan die diensknegte wat getrou was, het die heer gesê: “Oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer.” Maar van die ontroue dienskneg het hy gesê: “Van hom sal weggeneem word ook wat hy het. En werp die nuttelose dienskneg uit in die buitenste duisternis.”—Mattheüs 25:21-23, 29, 30.
14. Wat het Jesus van sy geesgesalfde diensknegte verwag?
14 Na ’n lang tyd—byna 19 eeue—het Christus in 1914, aan die einde van “die tye van die nasies”, koningskap ontvang (Lukas 21:24). Kort daarna het hy ‘teruggekom en rekenskap gevra’ van sy diensknegte, geesgesalfde Christene (Mattheüs 25:19, NAV). Wat het Jesus van hulle as individue en as groep verwag? Die bestuurder se opdrag was nog dieselfde as wat dit sedert die eerste eeu was. Christus het talente aan individue—“aan elkeen na sy vermoë”—toevertrou. Jesus het dus proporsionele resultate verwag (Mattheüs 25:15). Die standaard in 1 Korinthiërs 4:2 is hier van toepassing: “Van die bedienaars [word] vereis dat hulle getrou bevind moet word.” Om met die talente te werk, het beteken dat hulle getrou as gesante van God moes optree, dissipels moes maak en geestelike waarhede aan hulle moes oordra.—2 Korinthiërs 5:20.
-
-
‘Die getroue dienskneg’ en sy BestuursliggaamDie Wagtoring – 1990 | Maart 15
-
-
21. (a) Wie het Christus besig gevind om geestelike voedsel uit te deel, en hoe het hy hulle beloon? (b) Wat het op die getroue dienskneg en sy Bestuursliggaam gewag?
21 Toe Jesus Christus in 1918 diegene ondersoek het wat verklaar het dat hulle sy diensknegte is, het hy ’n internasionale groep Christene gevind wat Bybelwaarhede gepubliseer het vir gebruik in die gemeente sowel as buite in die predikingswerk. In 1919 het sake inderdaad verloop soos Christus voorspel het: “Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, op hierdie manier besig sal vind. Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel” (Mattheüs 24:46, 47). Hierdie ware Christene het in die vreugde van hulle Heer gedeel. Omdat hulle getoon het dat hulle ‘oor weinig getrou was’, is hulle deur die Heer “oor veel” aangestel (Mattheüs 25:21). Die getroue dienskneg en sy Bestuursliggaam was op hulle plek, gereed vir ’n groter opdrag. Hoe bly behoort ons tog te wees dat dit die geval was, want lojale Christene vind groot baat by die toegewyde werk van die getroue dienskneg en sy Bestuursliggaam!
-