Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Wat beweeg jou om God te dien?
    Die Wagtoring – 1995 | Junie 15
    • 17. Vertel kortliks die gelykenis van die talente in jou eie woorde.

      17 Beskou Jesus se gelykenis van die talente, soos opgeteken in Matteus 25:14-30. ’n Man wat op die punt gestaan het om na die buiteland te reis, het sy slawe ontbied en sy besittings aan hulle toevertrou. “Vir een het hy vyf talente gegee, vir ’n ander twee, vir nog ’n ander een, vir elkeen volgens sy eie vermoë.” Wat het die heer gevind toe hy teruggekeer het om met sy slawe afrekening te hou? Die slaaf wat vyf talente ontvang het, het nog vyf verkry. Ook die slaaf wat twee talente ontvang het, het nog twee verkry. Die slaaf wat een talent ontvang het, het dit in die grond begrawe en niks gedoen om sy heer se rykdom te vermeerder nie. Hoe het die heer die situasie beskou?

  • Wat beweeg jou om God te dien?
    Die Wagtoring – 1995 | Junie 15
    • 19 Die derde slaaf is natuurlik nie geprys nie. Trouens, hy is in die duisternis daar buite gegooi. Omdat hy net een talent ontvang het, sou daar nie van hom verwag gewees het om soveel te verkry as die slaaf met vyf talente nie. Maar hy het nie eers probeer nie! Hy het uiteindelik ’n ongunstige oordeel ontvang vanweë sy “goddelose en trae” hartstoestand, wat op ’n gebrek aan liefde vir die heer gedui het.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel