Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ‘Die getroue dienskneg’ en sy Bestuursliggaam
    Die Wagtoring – 1990 | Maart 15
    • 13 In ’n parallelle gelykenis, die gelykenis van die talente, het Jesus gesê dat die heer na ’n lang tyd teruggekom het om van sy diensknegte rekenskap te eis. Aan die diensknegte wat getrou was, het die heer gesê: “Oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer.” Maar van die ontroue dienskneg het hy gesê: “Van hom sal weggeneem word ook wat hy het. En werp die nuttelose dienskneg uit in die buitenste duisternis.”—Mattheüs 25:21-23, 29, 30.

  • ‘Die getroue dienskneg’ en sy Bestuursliggaam
    Die Wagtoring – 1990 | Maart 15
    • 16. Waarom het Christus, toe hy in 1918 gekom het om die huis van God te ondersoek, gevind dat die Christendom se kerke nie geestelike voedsel op tyd gee nie?

      16 Toe die lang tyd wat Jesus aan Jehovah se regterhand gewag het ten einde geloop het, het dit mettertyd duidelik geword wie, selfs gedurende die tyd voor 1914, geestelike voedsel aan Christus se diensvolk gegee het. Dink jy dat dit die Christendom se kerke was? Beslis nie, want hulle was diep betrokke by politieke aangeleenthede. Hulle was gewillige instrumente vir koloniale uitbreiding en het met mekaar gewedywer om hulle patriotisme te bewys en het sodoende nasionalisme bevorder. Dit het spoedig swaar bloedskuld op hulle gebring toe hulle politieke regerings wat by die Eerste Wêreldoorlog betrokke was daadwerklik gesteun het. Hulle geloof in geestelike dinge is deur Modernisme verswak. ’n Geestelike krisis het ontstaan omdat baie van hulle geestelikes maklike slagoffers van hoër kritiek en evolusie geword het. Geen geestelike voeding kon van die Christendom se geestelikes verwag word nie!

      17. Waarom het Christus sommige gesalfde Christene verwerp, en met watter gevolge vir hulle?

      17 Net so het geen heilsame geestelike voedsel van daardie gesalfde Christene gekom wie se persoonlike redding vir hulle belangriker was as om met die Heer se talent te gaan werk nie. Hulle was ‘lui’ en nie geskik om na die Heer se besittings om te sien nie. Hulle is gevolglik “in die buitenste duisternis” gewerp, waar die Christendom se kerke steeds is.—Mattheüs 25:24-30.

Afrikaanse publikasies (1975-2027)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel