Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Watter toekoms vir die skape en die bokke?
    Die Wagtoring – 1995 | Oktober 15
    • 7, 8. Wat het Jesus omtrent die skape gesê, en wat kan ons dus omtrent hulle aflei?

      7 Ons lees omtrent die oordeel van die skape: “[Jesus sal] vir dié aan sy regterhand sê: ‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is, beërf die koninkryk wat van die grondlegging van die wêreld af vir julle berei is. Want ek het honger geword, en julle het my iets gegee om te eet; ek het dors geword, en julle het my iets gegee om te drink. Ek was ’n vreemdeling, en julle het my gasvry ontvang; naak, en julle het my geklee. Ek het siek geword, en julle het na my omgesien. Ek was in die gevangenis, en julle het na my toe gekom.’ Dan sal die regverdiges hom antwoord met die woorde: ‘Here, wanneer het ons u honger gesien en u gevoed, of dors en u iets gegee om te drink? Wanneer het ons u ’n vreemdeling gesien en u gasvry ontvang, of naak en u geklee? Wanneer het ons u siek of in die gevangenis gesien en na u toe gegaan?’ En die koning sal antwoord en vir hulle sê: ‘Voorwaar, ek sê vir julle: In soverre julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van my gedoen het, het julle dit aan my gedoen.’”—Matteus 25:34-40.

  • Watter toekoms vir die skape en die bokke?
    Die Wagtoring – 1995 | Oktober 15
    • 10, 11. (a) Waarom is dit onredelik om te dink dat die skape almal insluit wat ’n daad van goedhartigheid aan Jesus se broers doen? (b) Wie word gepas deur die skape voorgestel?

      10 Sê Jesus dat elkeen wat ’n geringe daad van goedhartigheid aan een van sy broers doen, soos om hulle ’n stukkie brood of ’n glas water aan te bied, as een van hierdie skape gereken kan word? Sulke dade van goedhartigheid weerspieël weliswaar ’n mate van mensliewendheid, maar dit lyk asof daar in werklikheid baie meer by die skape van hierdie gelykenis betrokke is. Jesus het byvoorbeeld beslis nie na ateïste of geestelikes verwys wat toevallig ’n goedhartige daad aan een van sy broers doen nie. Inteendeel, Jesus het die skape twee keer “regverdiges” genoem (Matteus 25:37, 46). Die skape moet dus persone wees wat Christus se broers oor ’n tydperk gehelp—daadwerklik ondersteun—het en dermate geloof beoefen het dat hulle ’n regverdige posisie voor God verkry.

      11 Deur die eeue heen het baie, soos Abraham, ’n regverdige posisie geniet (Jakobus 2:21-23). Noag, Abraham en ander getroues tel onder die “ander skape” wat die lewe in die Paradys onder God se Koninkryk sal beërf. In onlangse tye het nog miljoene ware aanbidding as ander skape aangeneem en “een kudde” met die gesalfdes geword (Johannes 10:16; Openbaring 7:9). Hierdie persone met ’n aardse hoop erken Jesus se broers as ambassadeurs van die Koninkryk en help hulle dus—letterlik en geestelik. Jesus beskou dít wat die ander skape vir sy broers op aarde doen asof dit aan hom gedoen word. Sulke mense wat lewe wanneer hy kom om die nasies te oordeel, sal as skape gereken word.

      12. Waarom sal die skape dalk vra hoe hulle dade van goedhartigheid aan Jesus gedoen het?

      12 As die ander skape nou die goeie nuus saam met die gesalfdes verkondig en hulle help, waarom sal hulle vra: “Here, wanneer het ons u honger gesien en u gevoed, of dors en u iets gegee om te drink?” (Matteus 25:37). Daar kan verskeie redes wees. Dit is ’n gelykenis. Deur middel hiervan toon Jesus sy diepe besorgdheid oor sy geestelike broers; hy het meegevoel met hulle en ly saam met hulle. Jesus het vroeër gesê: “Hy wat julle ontvang, ontvang my ook, en hy wat my ontvang, ontvang ook hom wat my uitgestuur het” (Matteus 10:40). In hierdie illustrasie brei Jesus die beginsel uit en toon dat wat aan sy broers gedoen word (goed of sleg) selfs tot in die hemel reik; dit is asof dit in die hemel aan hom gedoen word. Jesus beklemtoon hier ook Jehovah se standaard vir oordeel en toon duidelik dat God se oordeel, hetsy gunstig of veroordelend, geldig en regverdig is. Die bokke kan nie die verskoning maak nie: ‘Wel, as ons u tog net persoonlik gesien het.’

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel