-
Gee lojale ondersteuning aan Christus se broersDie Wagtoring — 2015 | Maart 15
-
-
4 In 1881 het die Watch Tower gesê dat “die Seun van die mens”, of “die koning”, Jesus is. En dit het verduidelik dat die koning se “broers” nie net diegene insluit wat in die hemel saam met Jesus sal regeer nie, maar ook al die mense op die aarde nadat hulle volmaaktheid bereik het. Die Watch Tower het gesê dat mense gedurende die Duisendjarige Heerskappy van Christus van mekaar afgeskei sal word en dat diegene wat God se liefde nagevolg het in alles wat hulle doen, skape genoem sal word.
5. Hoe het God se knegte die gelykenis in 1923 verstaan?
5 Later het Jehovah sy volk gehelp om hierdie gelykenis beter te verstaan. In 1923 het die Watch Tower van 15 Oktober gesê dat “die Seun van die mens” Jesus is. Maar toe het dit Bybelverse gebruik om te verduidelik dat die “broers” in die gelykenis slegs na diegene verwys wat saam met Jesus sal regeer en dat hulle gedurende die Duisendjarige Heerskappy almal in die hemel sal wees. Dit het ook gesê dat die skape na diegene verwys wat op die aarde sal lewe onder die heerskappy van Jesus en sy broers. En aangesien die gelykenis sê dat die skape die koning se broers help, sal die skeiding, of oordeel, moet plaasvind terwyl hierdie gesalfde broers van Jesus nog op die aarde is, voordat die Duisendjarige Heerskappy begin. Die artikel het ook gesê dat die skape diegene sal wees wat in Jesus glo en wat glo dat die Koninkryk ’n beter lewe sal bring.
-
-
Gee lojale ondersteuning aan Christus se broersDie Wagtoring — 2015 | Maart 15
-
-
7. Wat beteken die gelykenis?
7 Vandag het ons ’n duidelike begrip van die gelykenis van die skape en die bokke. Ons weet dat “die Seun van die mens”, of “die koning”, Jesus is. Die koning se “broers” is diegene wat met die heilige gees gesalf is en wat saam met Jesus in die hemel sal regeer (Romeine 8:16, 17). “Die skape” en “die bokke” is mense van al die nasies. Hulle sal geoordeel word na aan die einde van die groot verdrukking, wat binnekort sal begin. En ons weet dat Jesus mense sal oordeel op grond van hoe hulle die gesalfdes behandel het wat nog op die aarde is. Hoe dankbaar is ons tog dat Jehovah ons oor die jare gehelp het om hierdie gelykenis en die ander gelykenisse in Matteus hoofstukke 24 en 25 te verstaan!
-
-
Gee lojale ondersteuning aan Christus se broersDie Wagtoring — 2015 | Maart 15
-
-
9 Om die antwoord te vind, moet ons in gedagte hou dat Jesus die gelykenis vertel het om sy dissipels iets te leer. Hy het nie van letterlike skape en bokke gepraat nie. Hy het ook nie bedoel dat elkeen wat as ’n skaap geoordeel sal word, vir die gesalfdes kos en klere moet gee, na hulle moet omsien wanneer hulle siek is of vir hulle in die tronk moet gaan kuier nie. Nee, Jesus het die skape as “regverdig” beskryf omdat hulle die gesalfdes as sy broers beskou en omdat hulle gedurende hierdie moeilike laaste dae lojaal is aan die gesalfdes.—Matteus 10:40-42; 25:40, 46; 2 Timoteus 3:1-5.
10. Hoe kan die skape Christus se broers help?
10 Toe Jesus die gelykenis van die skape en die bokke vertel het, het hy gepraat oor wat gedurende die tyd van die einde sal gebeur (Matteus 24:3). Hy het byvoorbeeld gesê: “Hierdie goeie nuus van die koninkryk sal in die hele bewoonde aarde verkondig word” (Matteus 24:14). En toe, net voordat hy van die skape en die bokke gepraat het, het hy die gelykenis van die talente vertel. Jesus het hierdie gelykenis vertel om die gesalfdes te leer dat hulle hulle in die predikingswerk moet inspan. Maar daar is min van hulle op die aarde oor, en daar is baie werk om te doen! Die gesalfdes het die opdrag ontvang om die predikingswerk in “al die nasies” te doen voordat die einde kom. Soos ons in die gelykenis van die skape en die bokke leer, help “die skape” Jesus se broers. En een van die beste maniere om dit te doen, is om Jesus se broers met die predikingswerk te help. Maar is dit genoeg om bloot geld te skenk vir die werk of om hulle net aan te spoor om die predikingswerk te doen?
-
-
Gee lojale ondersteuning aan Christus se broersDie Wagtoring — 2015 | Maart 15
-
-
17 Ons beskou dit as ’n eer om Christus se broers te help deur die predikingswerk te doen. Ons help ook deur geld te skenk en hard te werk om Koninkryksale, Byeenkomssale en takkantore te bou. Ons toon dat ons Christus se broers wil help as ons die ouer manne en ander broers wat deur “die getroue en verstandige slaaf” aangestel is, lojaal gehoorsaam.—Matteus 24:45-47; Hebreërs 13:17.
-