Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Die groot menigte—Gaan hulle in die hemel of op die aarde woon?
    Jehovah se Getuies—Verkondigers van God se Koninkryk
    • ’n Baie belangrike stap in die begrip van Jehovah se voorneme het met Jesus se gelykenis van die skape en die bokke in Mattheüs 25:31-46 verband gehou. Jesus het in daardie gelykenis gesê: “Wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op sy heerlike troon sit; en voor Hom sal al die nasies versamel word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei; en Hy sal die skape aan sy regterhand en die bokke aan sy linkerhand sit.” Soos die gelykenis verder toon, is die “skape” dié wat Christus se “broeders” help en hulle selfs verligting gee wanneer hulle vervolg word en in die gevangenis is.

  • Die groot menigte—Gaan hulle in die hemel of op die aarde woon?
    Jehovah se Getuies—Verkondigers van God se Koninkryk
    • Waar die artikel die tyd bespreek het wanneer hierdie profetiese gelykenis vervul sou word, het dit getoon dat Jesus dit gegee het as deel van sy antwoord op ’n vraag oor ‘die teken van sy koms en van die voleinding van die wêreld’ (Matt. 24:3). Die artikel het verduidelik waarom die “broeders” waarvan die gelykenis praat nie die Jode van die Evangelietydperk en ook nie die mense wat gedurende die millennium van toetsing en oordeel geloof toon, kon wees nie, maar diegene is wat saam met Christus erfgename van die hemelse Koninkryk is, en daarom moet daardie gelykenis dus vervul word wanneer sommige van Christus se mede-erfgename nog in die vlees is. —Vergelyk Hebreërs 2:10, 11.

      Die ondervindinge van daardie gesalfde broeders van Christus toe hulle probeer het om vir die geestelikes en vir die gewone mense in die kerke van die Christendom te getuig, het ook getoon dat die profesie wat in Jesus se gelykenis omvat word reeds in vervulling was. Hoe so? Baie van die geestelikes en belangrike lidmate van hulle kerke was hulle vyandiggesind—geen verkwikkende glas water, letterlik of figuurlik, nie; pleks daarvan het sommige van hulle bendes opgesteek om die broeders se klere van hulle af te skeur en hulle te slaan, of hulle het geëis dat amptenare hulle in die tronk gooi (Matt. 25:41-43). Daarteenoor het talle nederige kerklidmate die Koninkryksboodskap met blydskap ontvang, die draers van die boodskap verkwik en gedoen wat hulle kon om die gesalfdes te help selfs toe hulle ter wille van die goeie nuus gevange geneem is.—Matt. 25:34-36.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel