-
Watter toekoms vir die skape en die bokke?Die Wagtoring – 1995 | Oktober 15
-
-
Watter toekoms vir elke groep?
16, 17. Watter toekoms sal die skape hê?
16 Jesus het sy oordeel van die skape gegee: “Kom, julle wat deur my Vader geseën is, beërf die koninkryk wat van die grondlegging van die wêreld af vir julle berei is.” Wat ’n hartlike uitnodiging—“Kom”! Waarheen? Na die ewige lewe, soos hy ter opsomming gesê het: “Die regverdiges [sal] die ewige lewe [ingaan].”—Matteus 25:34, 46.
17 In die gelykenis van die talente het Jesus getoon wat vereis word van diegene wat saam met hom in die hemel sal regeer, maar in hierdie gelykenis toon hy wat van die Koninkryk se onderdane verwag word (Matteus 25:14-23). Kortom, weens die skape se onverdeelde ondersteuning van Jesus se broers beërf hulle ’n plek in die aardse ryk van sy Koninkryk. Hulle sal die lewe op ’n paradysaarde geniet—’n vooruitsig wat God vir hulle berei het “van die grondlegging van die wêreld” van loskoopbare mense.—Lukas 11:50, 51.
-
-
Watter toekoms vir die skape en die bokke?Die Wagtoring – 1995 | Oktober 15
-
-
19 Bybelstudente weet dat dit nie kan beteken dat onsterflike siele van bokagtiges in ’n ewige vuur sal ly nie. Nee, want mense is siele; hulle het nie onsterflike siele nie (Genesis 2:7; Prediker 9:5, 10; Esegiël 18:4). Deur die bokke tot die “ewige vuur” te veroordeel, bedoel die Regter vernietiging sonder ’n toekomshoop, wat ook die permanente einde vir die Duiwel en sy demone sal wees (Openbaring 20:10, 14). Jehovah se Regter sit dus teenoorgestelde oordele uiteen. Hy sê vir die skape: “Kom”; vir die bokke: “Gaan weg van my af.” Die skape sal “die ewige lewe” beërf. Die bokke sal “die ewige afsnyding” kry.—Matteus 25:46.b
-
-
Watter toekoms vir die skape en die bokke?Die Wagtoring – 1995 | Oktober 15
-
-
21 Maar wat beteken hierdie vars begrip van die gelykenis van die skape en die bokke vir ons? Wel, mense kies reeds kant. Party is op ‘die breë pad wat na die vernietiging lei’, terwyl ander op ‘die smal pad wat na die lewe lei’ probeer bly (Matteus 7:13, 14). Maar die tyd wanneer Jesus finale oordeel sal uitspreek oor die skape en die bokke wat in die gelykenis voorgestel word, lê nog voor. Wanneer die Seun van die mens in die rol van Regter kom, sal hy oordeel dat baie ware Christene—in werklikheid “’n groot skare” toegewyde skape—sal kwalifiseer om deur die finale deel van “die groot verdrukking” tot in die nuwe wêreld te gaan. Daardie vooruitsig behoort nou ’n rede tot vreugde te wees (Openbaring 7:9, 14). Daarbenewens sal groot getalle uit “al die nasies” bewys het dat hulle soos hardnekkige bokke is. Hulle “sal weggaan, die ewige afsnyding in”. Wat ’n verligting vir die aarde!
-
-
Watter toekoms vir die skape en die bokke?Die Wagtoring – 1995 | Oktober 15
-
-
b El Evangelio de Mateo sê: “Die ewige lewe is definitiewe lewe; die teenoorgestelde daarvan is definitiewe straf. Die Griekse byvoeglike naamwoord aionios dui nie hoofsaaklik tydsduur aan nie, maar gehalte. Die definitiewe straf is ewige dood.”—Emeritus professor Juan Mateos (Pouslike Bybelinstituut, Rome) en professor Fernando Camacho (Teologiese Sentrum, Sevilla), Madrid, Spanje, 1981.
-