Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Watter uitwerking het Christelike leringe op gemeenskappe?
    Die Wagtoring — 2012 | Mei 1
    • Daar is ’n verband tussen gehoorsaamheid aan Jesus se opdrag om ‘dissipels te maak’ en gehoorsaamheid aan sy instruksie om soos sout en die lig van die wêreld te wees (Matteus 5:13, 14). Wat is die verband? En watter uitwerking kan hierdie werk op mense hê?

  • Watter uitwerking het Christelike leringe op gemeenskappe?
    Die Wagtoring — 2012 | Mei 1
    • Hoe hou Jesus se instruksie verband met lig? Net soos die maan die lig van die son weerkaats, so ook weerkaats Christus se volgelinge die “lig” van Jehovah God. Hulle weerkaats hierdie lig deur middel van die verligtende boodskap wat hulle verkondig en die goeie werke wat hulle doen.—1 Petrus 2:12.

      Jesus het verder uitgebrei op die ooreenkoms tussen ’n lig en ’n dissipel en gesê: “Mense steek ’n lamp op en sit dit nie onder die maatemmer nie, maar op die lampstaander, en dit skyn op almal in die huis. Laat julle lig net so voor die mense skyn.” ’n Lamp wat op ’n lampstaander gesit is, is vir almal in die omgewing duidelik sigbaar. So ook moet die predikingswerk en die ander goeie werke wat ware Christene verrig, vir almal duidelik sigbaar wees. Waarom? Jesus het gesê dat diegene wat hulle goeie werke sien, heerlikheid sal gee, nie aan die Christene nie, maar aan God.—Matteus 5:14-16.

      ’n Gesamentlike verantwoordelikheid

      Toe Jesus gesê het: “Julle is die lig van die wêreld” en ‘laat julle lig skyn’, het hy met al sy dissipels gepraat. Jesus se opdrag kan nie deur ’n paar mense volbring word wat onder verskillende godsdienste versprei is nie. Alle gelowiges is eerder “die lig”. Sewemiljoen Getuies van Jehovah, wat in meer as 235 lande woon, glo dat dit hulle gesamentlike verantwoordelikheid is om hulle bure te besoek om die boodskap wat Christus wil hê sy volgelinge moet verkondig, aan hulle mee te deel.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel