Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Jesus word na Annas en dan na Kajafas geneem
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
    • ’n Beampte wat daar staan klap Jesus in die gesig en sê: “Is dit hoe jy die hoofpriester antwoord?” Maar Jesus, wat weet dat hy niks verkeerds gedoen het nie, sê: “As ek iets verkeerds gesê het, sê dan wat ek gesê het. Maar as wat ek gesê het, reg is, hoekom slaan jy my?” (Johannes 18:22, 23). Dan stuur Annas Jesus na sy skoonseun Kajafas.

      Teen hierdie tyd is die hele Sanhedrin al bymekaar – die hoëpriester, die ouermanne van die mense en die skrifgeleerdes. Hulle kom by Kajafas se huis bymekaar. Dit is onwettig om so ’n verhoor op die aand van die Pasga te hou, maar dit keer hulle nie, hulle hou aan met hulle slegte plan.

      Hierdie groep het al klaar besluit wat hulle met Jesus wil doen. Nadat Jesus Lasarus opgewek het, het die Sanhedrin besluit dat Jesus doodgemaak moet word (Johannes 11:47-53). En net ’n paar dae gelede het die godsdiensleiers planne gemaak om Jesus te vang en dood te maak (Matteus 26:3, 4). Ja, selfs voordat Jesus se verhoor begin, is hy so goed as dood veroordeel!

  • Petrus sê dat hy Jesus nie ken nie
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
    • Toe Jesus in die tuin van Getsemane in hegtenis geneem is, het die apostels weggehardloop omdat hulle bang was. Maar twee van hulle het ophou hardloop. Dit is Petrus “sowel as ’n ander dissipel”, blykbaar die apostel Johannes (Johannes 18:15; 19:35; 21:24). Hulle kry dalk vir Jesus terwyl hy na Annas geneem word. Wanneer Annas Jesus na die hoëpriester Kajafas stuur, volg Petrus en Johannes op ’n afstand. Hulle is moontlik in twee geskeur omdat hulle vrees vir hulle eie lewe, maar hulle is ook bekommerd oor wat met hulle Meester gaan gebeur.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel