-
“Gaan dus en maak dissipels”Die Wagtoring (Studie-uitgawe) – 2020 | Januarie
-
-
1-2. Wat sê ’n engel vir die vrouens by Jesus se graf, en watter instruksies gee Jesus self vir hulle?
DIT is vroeg in die oggend op 16 Nisan 33 HJ. Party vrouens wat God liefhet, is baie hartseer terwyl hulle op pad is na die graf. Meer as 36 uur vroeër is die liggaam van die Here Jesus Christus daar neergelê. Toe hulle by die graf aankom om speserye en lekkerruik-olies aan die liggaam te smeer, is hulle verbaas om te sien dat die graf leeg is! ’n Engel sê vir die dissipels dat Jesus uit die dood opgestaan het en sê verder: “Hy gaan voor julle uit na Galilea, en julle sal hom daar sien.” – Matt. 28:1-7; Luk. 23:56; 24:10.
-
-
“Gaan dus en maak dissipels”Die Wagtoring (Studie-uitgawe) – 2020 | Januarie
-
-
4 Jesus wil hê dat al sy volgelinge moet preek. Hy het hierdie opdrag nie net aan sy 11 getroue apostels gegee nie. Hoe weet ons dit? Was die apostels die enigste mense wat op die berg in Galilea was toe die opdrag om dissipels te maak gegee is? Onthou dat die engel vir die vrouens gesê het: “Julle sal hom daar [in Galilea] sien.” So getroue vrouens was waarskynlik ook by hierdie vergadering. Maar dit is nie al nie. Die apostel Paulus sê dat Jesus “aan meer as 500 broers op dieselfde tyd verskyn” het (1 Kor. 15:6). Waar?
-