-
Hoe word die goeie nuus bekend gemaak?Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
-
-
LES 21
Hoe word die goeie nuus bekend gemaak?
Jehovah sal binnekort, deur middel van sy Koninkryk, al ons probleme wegneem. Hierdie nuus is te goed om vir onsself te hou. Jesus wou hê dat sy volgelinge hierdie boodskap vir almal moet vertel! (Matteus 28:19, 20). Hoe doen Jehovah se Getuies wat Jesus vir sy volgelinge gesê het om te doen?
1. Hoe sien ons hoe die woorde in Matteus 24:14 vandag waar word?
Jesus het voorspel: “Hierdie goeie nuus van die Koninkryk sal oor die hele bewoonde aarde verkondig word” (Matteus 24:14). Dit maak Jehovah se Getuies baie gelukkig om hierdie belangrike werk te doen. Ons vertel mense wêreldwyd van die goeie nuus in meer as 1 000 tale! Baie tyd en energie is nodig om hierdie groot werk te doen, en dit moet goed georganiseer word. Dit kan nie sonder Jehovah se hulp gedoen word nie.
2. Hoe preek ons vir mense?
Ons preek vir mense waar hulle ook al is. Soos die Christene in die eerste eeu, preek ons “van huis tot huis” (Handelinge 5:42). Omdat ons hierdie deeglike metode gebruik, kan ons elke jaar met miljoene mense praat. Mense is nie altyd by die huis nie, en daarom preek ons ook op baie openbare plekke. Ons soek altyd na geleenthede om mense van Jehovah te vertel, en van alles wat hy in gedagte het vir die mens.
3. Wie het die verantwoordelikheid om mense van die goeie nuus te vertel?
Alle regte Christene het die verantwoordelikheid om mense van die goeie nuus te vertel. Ons neem ons verantwoordelikheid ernstig op. Ons preek soveel as wat ons kan omdat ons weet dat dit mense se lewens kan red. (Lees 1 Timoteus 4:16.) Ons word nie betaal om hierdie werk te doen nie, want die Bybel sê: “Julle het verniet ontvang, verniet moet julle gee” (Matteus 10:7, 8). Baie mense luister nie na ons boodskap nie, maar ons hou aan preek, want as ons dit doen, is ons gehoorsaam aan Jehovah en maak ons hom gelukkig.
SOEK DIEPER
Leer meer oor hoe Jehovah se Getuies regoor die wêreld preek, en kyk hoe Jehovah ons help.
Jehovah se Getuies preek regoor die wêreld: (A) Costa Rica, (B) Verenigde State, (C) Benin, (D) Thailand, (E) Jap, (F) Swede
4. Ons werk hard om alle mense van die goeie nuus te vertel
Jehovah se Getuies doen baie moeite om mense regoor die wêreld van die goeie nuus te vertel. Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vraag.
Wat beïndruk jou oor die moeite wat Jehovah se Getuies doen om te preek?
Lees Matteus 22:39 en Romeine 10:13-15, en bespreek dan hierdie vrae:
Hoe wys die feit dat ons preek, dat ons lief is vir ander mense?
Hoe voel Jehovah oor mense wat ander van die goeie nuus vertel? – Sien vers 15.
5. Ons werk saam met God
Baie ondervindinge wys dat Jehovah ons lei wanneer ons preek. Byvoorbeeld, in Nieu-Seeland het ’n broer met die naam Paul ’n vrou ontmoet terwyl hy een middag van huis tot huis gepreek het. Daardie oggend het die vrou tot God gebid en God se naam, Jehovah, gebruik en hom gevra dat iemand haar moet kom besoek. Paul sê: “Drie ure later was ek by haar deur.”
Lees 1 Korintiërs 3:9, en bespreek dan hierdie vraag:
Hoe wys ondervindinge soos die een in Nieu-Seeland dat Jehovah ons lei wanneer ons preek?
Lees Handelinge 1:8, en bespreek dan hierdie vraag:
Hoekom het ons Jehovah se hulp nodig om te preek?
Het jy geweet?
By elkeen van ons vergaderinge in die week kry ons opleiding wat ons help om te preek. As jy al een van hierdie vergaderinge bygewoon het, wat het jy gedink van hierdie opleiding?
6. Ons is gehoorsaam aan God se opdrag om te preek
In die eerste eeu het vyande probeer om Jesus se volgelinge te keer om te preek. Vroeë Christene het hulle reg om te preek, verdedig deur “die goeie nuus . . . wetlik [te] bevestig” (Filippense 1:7). Vandag doen Jehovah se Getuies dit ook.a
Lees Handelinge 5:27-42, en bespreek dan hierdie vraag:
IEMAND VRA DALK: “Hoekom gaan Jehovah se Getuies van deur tot deur?”
Hoe sal jy antwoord?
WAT ONS GELEER HET
Jesus het vir sy volgelinge gesê om alle nasies van die goeie nuus te vertel. Jehovah help sy aanbidders om hierdie werk te doen.
Hersiening
Hoe word mense regoor die wêreld van die goeie nuus vertel?
Hoe wys die feit dat ons preek, dat ons lief is vir ander mense?
Dink jy dat dit ons gelukkig kan maak om te preek? Hoekom?
LEER MEER
Kyk hoe Jehovah se Getuies vir mense in groot stede preek.
Wat het Jehovah se Getuies gedoen om vlugtelinge te help?
Luister hoe ’n vrou verduidelik hoekom dit haar gelukkig gemaak het om in die voltydse diens te wees.
Lees oor party belangrike besluite wat die hof gemaak het wat dit makliker gemaak het om ander van die goeie nuus te vertel.
“Koninkrykspredikers stel hulle saak in die hof” (God se Koninkryk regeer!, hoofstuk 13)
a God het ons die opdrag gegee om te preek. Daarom het Jehovah se Getuies nie regerings se toestemming nodig om ander van die goeie nuus te vertel nie.
-
-
Doop – ’n Wonderlike doelwit!Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
-
-
LES 23
Doop – ’n Wonderlike doelwit!
Jesus het gesê dat Christene gedoop moet word. (Lees Matteus 28:19, 20.) Maar wat is doop? En wat moet ’n persoon doen om daardie doelwit te bereik?
1. Wat is doop?
Die woord “doop” kom van ’n Griekse woord wat beteken om onder water “te dompel”. Toe Jesus gedoop was, was hy onder die water van die Jordaanrivier gedompel, dit wil sê hy was heeltemal onder die water, en toe het hy “uit die water [opgekom]” (Markus 1:9, 10). Net so word ware Christene heeltemal onder die water gedompel wanneer hulle gedoop word.
2. Wat wys ’n persoon wanneer hy hom laat doop?
Wanneer iemand gedoop word, wys hy dat hy hom aan Jehovah God toegewy het. Hoe wy ’n persoon hom toe? Voordat ’n persoon gedoop word, sê hy vir Jehovah in ’n private gebed dat hy Hom vir ewig wil dien. Hy belowe dat hy Jehovah alleen sal aanbid en dat om God se wil te doen, die belangrikste ding in sy lewe sal wees. Hy kies om “[op te hou] om vir homself te lewe” en om aan te hou om Jesus se leringe en voorbeeld te volg (Matteus 16:24). Sy toewyding en doop maak dit moontlik vir hom om ’n sterk verhouding met Jehovah te hê, en met ander wat Hom aanbid.
3. Wat moet ’n persoon doen voordat hy gedoop kan word?
Voordat jy gedoop kan word, is dit belangrik om oor Jehovah te leer en sterk geloof in hom op te bou. (Lees Hebreërs 11:6.) Hoe meer kennis jy kry en hoe sterker jou geloof word, hoe liewer sal jy vir Jehovah word. Dan sal jy ander van hom wil vertel en volgens sy standaarde wil lewe (2 Timoteus 4:2; 1 Johannes 5:3). Wanneer ’n persoon lewe “op ’n manier wat Jehovah waardig is sodat [hy] hom in alles bly kan maak,” sal hy dalk besluit om sy lewe aan God toe te wy en gedoop te word. – Kolossense 1:9, 10.a
SOEK DIEPER
Kyk wat ons uit Jesus se doop kan leer en hoe iemand vir hierdie belangrike stap kan voorberei.
4. Ons kan uit Jesus se doop leer
Lees Matteus 3:13-17 om meer details oor Jesus se doop te kry. Bespreek dan hierdie vrae:
Was Jesus ’n baba toe hy gedoop was?
Hoe was hy gedoop? Was hy net met water gesprinkel?
God het Jesus ’n spesiale werk gegee om op die aarde te doen, en Jesus het daardie werk begin doen nadat hy gedoop was. Lees Lukas 3:21-23 en Johannes 6:38, en bespreek dan hierdie vraag:
Watter werk was die belangrikste in Jesus se lewe nadat hy gedoop was?
5. Doop is ’n doelwit wat jy kan bereik
Die idee om jou toe te wy en te laat doop, kan jou dalk aan die begin ’n bietjie bang maak. Maar as jy aanhou om van Jehovah te leer en hom beter leer ken, sal jy meer selfvertroue hê om so ’n belangrike besluit te maak. Om ’n paar mense te sien wat dit gedoen het, speel die VIDEO.
Lees Johannes 17:3 en Jakobus 1:5, en bespreek dan hierdie vraag:
Wat kan ’n persoon help om voor te berei om gedoop te word?
Ons wy ons toe deur vir Jehovah te sê dat ons hom vir ewig wil dien
By ons doop wys ons vir ander dat ons ons aan God toegewy het
6. Wanneer ons gedoop word, word ons deel van Jehovah se familie
Wanneer ons gedoop word, word ons deel van ’n verenigde, wêreldwye familie. Al kom ons van verskillende plekke en uit verskillende agtergronde, glo ons dieselfde dinge en lewe ons volgens dieselfde standaarde in die Bybel. Lees Psalm 25:14 en 1 Petrus 2:17, en bespreek dan hierdie vraag:
Hoe raak doop ’n persoon se verhouding met Jehovah en met ander wat Hom aanbid?
PARTY MENSE SÊ: “Ek’s nie gereed om gedoop te word nie.”
As dit is hoe jy voel, dink jy dat doop nog steeds ’n doelwit is wat jy wil bereik?
WAT ONS GELEER HET
Jesus het gesê dat Christene gedoop moet word. Voordat ’n persoon gedoop kan word, moet hy sterk geloof in Jehovah opbou, volgens Sy standaarde lewe en homself aan Jehovah toewy.
Hersiening
Wat is doop, en hoekom is dit belangrik?
Wat wys ’n persoon wanneer hy hom laat doop?
Wat moet ’n persoon doen voordat hy hom kan toewy en laat doop?
LEER MEER
Leer wat doop is en wat dit nie is nie.
Kyk na maniere waarop ’n persoon tot doop kan vorder.
“Liefde en waardering vir Jehovah lei tot doop” (Die Wagtoring, Maart 2020)
Lees wat ’n man gemotiveer het om gedoop te word.
“Hulle wou hê dat ek self moes seker maak wat die waarheid is” (Die Wagtoring, 1 Februarie 2013)
Kyk hoekom doop ’n wonderlike doelwit is en hoe jy daarvoor kan voorberei.
“Moet ek my laat doop?” (Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 2, hoofstuk 37)
a As ’n persoon voorheen in ’n ander godsdiens gedoop was, moet hy weer gedoop word. Hoekom? Want daardie godsdiens het nie die waarheid uit die Bybel geleer nie. – Sien Handelinge 19:1-5 en Les 13.
-