-
Het “die wysheid van bo” ’n invloed op jou lewe?Kom nader aan Jehovah
-
-
11 Wat moet jy doen as jy besef dat jy ’n medeaanbidder aanstoot gegee het? Jesus het gesê: “As jy dan jou offer na die altaar bring en jy daar onthou dat jou broer iets teen jou het, los jou offer daar voor die altaar en gaan weg. Maak eers vrede met jou broer en kom dan terug en bring jou offer” (Matteus 5:23, 24). Jy kan hierdie raad toepas deur die inisiatief te neem om na jou broer toe te gaan. Met watter doel? Om ‘vrede te maak’ met hom.b Om dit te doen, moet jy moontlik erken dat hy seergemaak is en dit nie net ignoreer nie. As jy hom nader met die doel om vrede te herstel en dié gesindheid behou, kan enige misverstand moontlik uit die weg geruim word, kan daar gepas om verskoning gevra word en kan vergifnis geskenk word. As jy jou inspan om vrede te maak, toon jy dat jy deur Goddelike wysheid gerig word.
-
-
Het “die wysheid van bo” ’n invloed op jou lewe?Kom nader aan Jehovah
-
-
b Die Griekse uitdrukking wat met ‘maak vrede’ vertaal word, is al so weergegee: “Om vyandskap in vriendskap te verander; om versoen te raak; om weer normale verhoudinge of harmonie te hê.” Jou doel is dus om ’n verandering te bewerkstellig, om indien moontlik kwade gevoelens uit die gekrenkte persoon se hart te verwyder. – Romeine 12:18.
-