Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Wat om te doen wanneer jy ander te na kom
    Ontwaak! – 1996 | Februarie 8
    • In sy Bergpredikasie het Jesus gesê: “As jy dan jou gawe na die altaar bring en jy daar onthou dat jou broer iets teen jou het, laat staan jou gawe daar voor die altaar en gaan weg; maak eers vrede met jou broer en offer dan, wanneer jy teruggekom het, jou gawe” (Matteus 5:23, 24). Let daarop dat Jesus se woorde gemik is op die persoon wat iemand te na gekom het. Watter verantwoordelikheid het hy om die saak op te los? Om die antwoord te kry, kom ons kyk wat Jesus se woorde vir sy eerste-eeuse Joodse luisteraars beteken het.

  • Wat om te doen wanneer jy ander te na kom
    Ontwaak! – 1996 | Februarie 8
    • “Laat staan jou gawe . . . en gaan weg”

      “Laat staan jou gawe daar voor die altaar”, verduidelik Jesus, “en gaan weg.” Waarom? Wat kan op daardie oomblik belangriker wees as om ’n offer aan Jehovah te bring? “Maak eers vrede met jou broer”, verduidelik Jesus verder, “en offer dan, wanneer jy teruggekom het, jou gawe.” Die aanbidder los dus sy offergawe lewend by die brandofferaltaar en gaan soek na sy broer wat hy te na gekom het.

      Aangesien dit ’n fees is, is die broer wat te na gekom is ongetwyfeld onder die pelgrims wat na Jerusalem gestroom het. Met nou straatjies en huise wat styf teen mekaar ingeryg staan, het Jerusalem ’n aansienlike bevolking. Maar dit is ’n feestyd en die stad is stampvol besoekers.b

      Selfs as mense van dieselfde dorp saam gereis en gebly het, sou dit taamlike moeite kos om in die stampvol stad na iemand te soek. Gedurende die Huttefees het besoekers byvoorbeeld hutte oral in die stad en in die strate en tuine rondom Jerusalem gebou (Levitikus 23:34, 42, 43). Die Joodse aanbidder moet nogtans na sy broer wat te na gekom is, soek totdat hy hom vind. Wat dan?

      ‘Maak vrede met jou broer’, sê Jesus. Die Griekse uitdrukking wat met “maak vrede” weergegee word, kom van ’n werkwoord (di·al·lasʹso) wat beteken “‘om ’n verandering te bewerkstellig, om te verruil’ en gevolglik ‘te versoen’”. Nadat hy aansienlike moeite gedoen het om sy broer wat hy te na gekom het te vind, probeer die Joodse aanbidder om met hom vrede te maak. Dan, sê Jesus, kan hy terugkeer na die tempel en sy offer bring, want God sal dit nou aanneem.

      Ons leer dus ’n baie belangrike les uit Jesus se woorde in Matteus 5:23, 24: Versoening, of vrede, is van groter belang as offers. Die manier waarop ons ons medeaanbidders behandel, het ’n direkte invloed op ons verhouding met God.—1 Johannes 4:20.

      Wat om te doen wanneer jy ander te na kom

      Sê nou jy bevind jou in ’n situasie soos die een wat aan die begin van hierdie artikel genoem is—jy voel aan dat jy ’n medeaanbidder te na gekom het? Wat moet jy doen?

      Pas Jesus se raad toe, en neem die inisiatief om jou broer te nader. Met watter doel? Om hom te oortuig dat hy geen rede het om te voel dat hy te na gekom is nie? Hoegenaamd nie! Die probleem kan groter as ’n blote misverstand wees. ‘Maak vrede’, sê Jesus. Verwyder, indien moontlik, kwade gevoelens uit sy hart (Romeine 14:19). Met dié doel sal jy miskien sy gekrenkte gevoelens moet erken, nie ontken nie. Jy sal miskien ook moet vra: “Wat kan ek doen om te vergoed?” Om opreg om verskoning te vra, is dikwels al wat nodig is. Maar in sommige gevalle sal die persoon wat te na gekom is dalk tyd nodig hê om sy gevoelens te verwerk.

      Maar sê nou jy kan, ten spyte van herhaalde pogings, nie ’n versoening bewerkstellig nie? Romeine 12:18 sê: “Wees, indien moontlik, sover dit van julle afhang, vreedsaam teenoor alle mense.” Jy kan dus vol vertroue wees dat Jehovah jou aanbidding met genoeë sal aanvaar as jy jou bes gedoen het om vrede te maak.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel