Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Geregtigheid nie deur mondelinge oorleweringe nie
    Die Wagtoring – 1990 | Oktober 1
    • 12. (a) Hoe het Jesus in sy Bergpredikasie afgewyk van sy gebruiklike manier om verwysings na die Hebreeuse Geskrifte in te lei, en waarom? (b) Wat leer ons uit die sesde gebruik van die uitdrukking ‘Daar is gesê’?

      12 Toe Jesus voorheen uit die Hebreeuse Geskrifte aangehaal het, het hy gesê: “Daar is geskrywe” (Mattheüs 4:4, 7, 10). Maar in die Bergpredikasie het hy ses keer verklarings, wat geklink het asof dit uit die Hebreeuse Geskrifte gekom het, met dié woorde ingelei: ‘Daar is gesê’ (Mattheüs 5:21, 27, 31, 33, 38, 43). Waarom? Omdat hy na die Skrif verwys het soos dit uitgelê is in die lig van die Fariseïese oorleweringe wat God se gebooie weerspreek het (Deuteronomium 4:2; Mattheüs 15:3). Dit blyk duidelik uit Jesus se sesde en laaste verwysing in hierdie reeks: “Julle het gehoor dat daar gesê is: Jy moet jou naaste liefhê en jou vyand moet jy haat.” Maar geen Mosaïese wet het gesê ‘Haat jou vyand’ nie. Die skrifgeleerdes en Fariseërs het dit gesê. Dit was hulle vertolking van die Wet om jou naaste—jou Joodse naaste, geen ander nie—lief te hê.

  • Geregtigheid nie deur mondelinge oorleweringe nie
    Die Wagtoring – 1990 | Oktober 1
    • 14. Hoe maan Jesus ons om nie eers te begin om die weg in te slaan wat tot egbreuk lei nie?

      14 Daarna het Jesus gesê: “Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie egbreek nie. Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na ’n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het” (Mattheüs 5:27, 28). Jy gaan nie egbreuk pleeg nie? Moet dan nie eers begin om daardie weg in te slaan deur gedagtes daaroor te koester nie. Bewaak jou hart, waaruit sulke dinge voortspruit (Spreuke 4:23; Mattheüs 15:18, 19). Jakobus 1:14, 15 waarsku: “Elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word. Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort.” Mense sê soms: ‘Moenie iets begin as jy dit nie kan klaarmaak nie.’ Maar in hierdie geval moet ons sê: ‘Moenie iets begin waarmee jy nie kan ophou nie.’ Sommige wat getrou was selfs toe hulle gedreig is met die dood voor ’n vuurpeloton het later geswig voor die verraderlike strik van geslagsonsedelikheid.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel