Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Hoe kan ons skoon en rein wees in God se oë?
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
    • 4. Leer slegte gewoontes af

      Iemand gooi sigarette in ’n vullisblik.

      Jehovah kan ons help om enige slegte gewoonte af te leer

      As jy rook of dwelms gebruik, weet jy dalk hoe moeilik dit is om die gewoonte af te leer. Wat kan jou help? Kyk hoe die gewoonte jou affekteer. Lees Matteus 22:37-39, en bespreek dan hoe tabak of dwelmmisbruik . . .

      • ’n persoon se vriendskap met Jehovah affekteer.

      • ’n persoon se familie en ander rondom hom affekteer.

      Maak ’n plan om ’n slegte gewoonte af te leer.a Speel die VIDEO.

      VIDEO: Hoe om selfbeheersing te hê (2:47)

      Lees Filippense 4:13, en bespreek dan hierdie vraag:

      • Hoe kan gereelde gebed, Bybelstudie en vergaderingbywoning ’n persoon die krag gee om ’n slegte gewoonte af te leer?

      5. Veg teen onrein gedagtes en gewoontes

      Lees Kolossense 3:5, en bespreek dan hierdie vrae:

      • Hoe weet ons dat pornografie, sexting en masturbasie onrein in Jehovah se oë is?

      • Dink jy dat ons sedelik rein kan wees, soos Jehovah van ons verwag? Hoekom?

      Vind uit hoe om teen onrein gedagtes te veg. Speel die VIDEO.

      VIDEO: Tree op om rein te bly (1:51)

      Jesus het ’n illustrasie gebruik om te wys dat ons moet optree en moet doen wat nodig is om sedelik rein te bly. Lees Matteus 5:29, 30, en bespreek dan hierdie vraag:

      • Jesus het nie gesê dat ons onsself fisies moet seermaak nie, maar hy het wel gesê dat ons moet optree. Wat kan ’n persoon doen om onrein gedagtes te vermy?b

      As jy probeer om van onrein gedagtes ontslae te raak, moet jy onthou dat Jehovah dit waardeer. Lees Psalm 103:13, 14, en bespreek dan hierdie vraag:

      • As jy met ’n onrein gewoonte sukkel, hoe moedig hierdie vers jou aan om aan te hou veg?

      Moenie opgee nie!

      Dit kan maklik wees om te dink: ‘Ek het dit nie reggekry nie, so ek kan net sowel opgee.’ Maar dink hieraan: Net omdat ’n hardloper struikel en val, beteken dit nie dat hy die wedloop verloor het nie, en hy hoef ook nie weer van voor af te begin nie. Net so beteken dit nie dat jy die geveg teen die slegte gewoonte verloor het as jy ’n terugslag het nie. En dit beteken ook nie dat al die vordering wat jy gemaak het, niks beteken nie of dat jy weer van voor af moet begin nie. Om ’n terugslag te hê, is normaal. Moenie opgee nie! Jehovah kan jou help om die slegte gewoonte af te leer.

      ’n Hardloper in ’n wedloop staan op nadat hy geval het.
  • Hoe moet Christene oor alkohol voel?
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
    • 6. Wat kan iemand help om op te hou om te veel alkohol te drink?

      Kyk wat een man gehelp het om op te hou om alkohol te misbruik. Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vrae.

      VIDEO: ‘Ek was moeg vir my lewenswyse’ (6:32)

      Collage: Tonele uit die video ‘Ek was moeg vir my lewenswyse’. 1. Dmitri kyk na ’n bottel alkohol. 2. Dmitri, sy vrou en sy dogter studeer die Bybel saam.
      • Hoe het Dmitri opgetree wanneer hy alkohol gedrink het?

      • Kon hy onmiddellik ophou drink?

      • Hoe het hy dit reggekry om uiteindelik op te hou om te veel alkohol te drink?

      Lees 1 Korintiërs 6:10, 11, en bespreek dan hierdie vrae:

      • Hoe ernstig is dronkenskap?

      • Wat wys dat iemand wat alkohol misbruik, kan verander?

      Lees Matteus 5:30, en bespreek dan hierdie vraag:

      • Toe Jesus in ’n illustrasie gesê het dat iemand sy hand moet afkap, het hy bedoel dat ons dalk opofferings sal moet maak om Jehovah gelukkig te maak. Wat kan jy doen as jy sukkel om op te hou om alkohol te misbruik?a

      Lees 1 Korintiërs 15:33, en bespreek dan hierdie vraag:

      • Watter uitwerking kan jou vriende hê op hoeveel jy drink?

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel