Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Geregtigheid nie deur mondelinge oorleweringe nie
    Die Wagtoring – 1990 | Oktober 1
    • 12. (a) Hoe het Jesus in sy Bergpredikasie afgewyk van sy gebruiklike manier om verwysings na die Hebreeuse Geskrifte in te lei, en waarom? (b) Wat leer ons uit die sesde gebruik van die uitdrukking ‘Daar is gesê’?

      12 Toe Jesus voorheen uit die Hebreeuse Geskrifte aangehaal het, het hy gesê: “Daar is geskrywe” (Mattheüs 4:4, 7, 10). Maar in die Bergpredikasie het hy ses keer verklarings, wat geklink het asof dit uit die Hebreeuse Geskrifte gekom het, met dié woorde ingelei: ‘Daar is gesê’ (Mattheüs 5:21, 27, 31, 33, 38, 43). Waarom? Omdat hy na die Skrif verwys het soos dit uitgelê is in die lig van die Fariseïese oorleweringe wat God se gebooie weerspreek het (Deuteronomium 4:2; Mattheüs 15:3). Dit blyk duidelik uit Jesus se sesde en laaste verwysing in hierdie reeks: “Julle het gehoor dat daar gesê is: Jy moet jou naaste liefhê en jou vyand moet jy haat.” Maar geen Mosaïese wet het gesê ‘Haat jou vyand’ nie. Die skrifgeleerdes en Fariseërs het dit gesê. Dit was hulle vertolking van die Wet om jou naaste—jou Joodse naaste, geen ander nie—lief te hê.

  • Geregtigheid nie deur mondelinge oorleweringe nie
    Die Wagtoring – 1990 | Oktober 1
    • 16. Watter Joodse gebruik het eedsweringe sinloos gemaak, en watter standpunt het Jesus ingeneem?

      16 Jesus het voorts in dieselfde trant gesê: “Verder het julle gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie vals sweer [“sonder om jou eed gestand te doen”, NW] nie . . . Maar Ek sê vir julle: Sweer hoegenaamd nie.” Teen hierdie tyd het die Jode eedswering misbruik en het hulle baie ede gesweer oor nietige dinge sonder om hul ede gestand te doen. Maar Jesus het gesê: “Sweer hoegenaamd nie . . . Maar laat julle woord wees: Ja ja, nee nee.” Sy reël was eenvoudig: Spreek te alle tye die waarheid sodat dit nie nodig is om jou woord deur middel van ’n eed te laat waarborg nie. Beperk eedswerings tot noodsaaklike aangeleenthede.—Mattheüs 5:33-37; vergelyk 23:16-22.

Afrikaanse publikasies (1975-2027)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel