-
Wanneer gewapende rowers toeslaanDie Wagtoring – 1998 | Desember 15
-
-
Wanneer gewapende rowers toeslaan
Maar wat moet jy doen as rowers dit regkry om in jou huis in te kom en jou konfronteer? Onthou dat jou lewe belangriker as besittings is. Christus Jesus het gesê: “Moenie weerstand bied teen die een wat goddeloos is nie; maar as iemand jou op jou regterwang klap, draai die ander een ook na hom toe. En as iemand . . . van jou onderkleed besit wil kry, laat hom ook jou bokleed kry.”—Matteus 5:39, 40.
Dit is wyse raad. Hoewel Christene nie verplig is om misdadigers inligting oor bates te gee nie, is die kanse groter dat rowers gewelddadig sal raak as hulle agterkom dat jy jou verset, nie jou samewerking gee nie of hulle probeer mislei. ‘Aangesien baie van hulle alle sedelikheidsgevoel verloor het’, raak hulle maklik boosaardig en wreed.—Efesiërs 4:19.
Samuel woon in ’n woonstelgebou. Rowers het die ingang tot die gebou versper en die een woonstel na die ander geplunder. Samuel het gehoor hoe geweerskote afgaan, deure stukkend gebreek word en mense skreeu en huil. Dit was onmoontlik om te ontsnap. Samuel het vir sy vrou en drie seuns gesê om op die vloer te kniel, hulle hande in die lug te hou, hulle oë toe te maak en te wag. Toe die rowers instorm, het Samuel met hulle gepraat sonder om op te kyk, want hy het geweet dat hulle dalk sou dink dat hy hulle later sou identifiseer as hy na hulle gesigte gekyk het. “Kom in”, het hy gesê. “Neem net wat julle wil. Julle kan enigiets neem. Ons is Jehovah se Getuies en sal julle nie teëstaan nie.” Die rowers het dit nie verwag nie. In die volgende uur of wat het altesaam 12 gewapende mans in groepe gekom. Hoewel hulle juweliersware, geld en elektroniese toerusting gesteel het, is die gesin nie geslaan of met kapmesse bygekom soos ander in die gebou nie. Samuel se gesin het Jehovah gedank dat hulle lewens gespaar is.
Dit lig die punt toe dat slagoffers van roofaanvalle wat nie weerstand bied wanneer dit by geld of materiële dinge kom nie die moontlikheid dat hulle sal seerkry, kan verminder.a
-