5 Geld, gewigte, mate
Die volgende waardes is gemiddeldes wat gebaseer is op Bybelse getuienis en argeologiese vondste. Alle hedendaagse ekwivalente wat in hierdie werk gebruik word, moet as benaderde waardes beskou word.
Om die huidige goud- of silwerwaarde te bereken, moet ’n mens die jongste prys per gram of per ons troois vasstel en dit met die aantal gramme of onse troois vermenigvuldig.
Om die huidige goud- of silwerwaarde te bereken, moet ’n mens die jongste prys per gram of per ons troois vasstel en dit met die aantal gramme of onse troois vermenigvuldig.
“Myl.” Gr., miʹli·on (Mt 5:41). Waarskynlik die Romeinse myl (5 000 Romeinse vt.; 1 479,5 m). In Lu 24:13; Joh 6:19; 11:18 word die afstande in die Griekse teks in stadieë aangegee (Een Romeinse stadie = 1⁄8 Romeinse myl of 625 Romeinse vt.; 185 m). In die Nuwe Wêreld-vertaling is die stadieë in Lu 24:13; Joh 6:19; 11:18 in kilometer omgereken. In Lu 24:13 word “sestig stadieë” byvoorbeeld weergegee met “omtrent elf kilometer” (7,5 Romeinse myl).
TABEL VAN GELD VOLGENS GEWIG IN DIE HEBREEUSE GESKRIFTE
1 gera |
= 1⁄20 sikkel |
= 0,57 g |
= 0,01835 oz t |
1 beka (halfsikkel) |
= 10 gera |
= 5,7 g |
= 0,1835 oz t |
1 sikkel |
= 2 beka |
= 11,4 g |
= 0,367 oz t |
1 mina (mine) |
50 sikkels |
= 570 g |
= 18,35 oz t |
1 talent |
= 60 minas |
= 34,2 kg |
= 1101 oz t |
1 dariek (Persies, goud) |
— |
= 8,4 g |
= 0,27 oz t |
1 dariek (Persies, silwer) (ook sikkel genoem) |
— |
= 5,60 g |
= 0,18 oz t |
TABEL VAN GRIEKSE EN ROMEINSE GELD VOLGENS GEWIG IN DIE GRIEKSE GESKRIFTE
1 lepton (Joods, koper of brons) |
= 1⁄2 quadrans |
— |
— |
1 quadrans (Romeins, koper of brons |
= 2 lepta |
— |
— |
1 as (Rome en provinsies, koper of brons) |
= 4 quadrans |
— |
— |
1 denarius (Romeins, silwer) |
= 16 asse |
= 3,85 g |
= 0,124 oz t |
1 dragma (Grieks, silwer) |
= 3,40 g |
= 0,109 oz t |
|
1 didragma (Grieks, silwer) |
= 2 dragmas |
= 6,80 g |
= 0,218 oz t |
1 tetradragma (’n silwer stater) |
= 4 dragmas |
= 13,6 g |
= 0,436 oz t |
1 mina |
= 100 dragmas |
= 340 g |
= 10,9 oz t |
1 talent (goud of silwer) |
= 60 minas |
= 20,4 kg |
= 654 oz t |
INHOUDSMATE VIR VLOEISTOWWE
1 log |
= 1⁄4 kab |
= 0,31 l |
1 kab |
= 4 log |
= 1,22 l |
1 hin |
= 3 kab |
= 3,67 l |
1 bat |
= 6 hin |
= 22 l |
1 kora |
= 10 bat |
= 220 l |
INHOUDSMATE VIR DROË STOWWE
1 kab |
= 4 log |
= 1,22 l |
1 gomer |
= 1 4⁄5 kab |
= 2,2 l |
1 sea |
= 3 1⁄3 gomer |
= 7,33 l |
1 efa |
= 3 sea |
= 22 l |
1 homer (kor) |
= 10 efa |
= 220 l |
LENGTEMATE
1 vingerbreedte |
= 1⁄4 handbreedte |
= 1,85 cm |
1 handbreedte |
= 4 vingerbreedtes |
= 7,4 cm |
1 span |
= 3 handbreedtes |
= 22,2 cm |
1 el |
= 2 span |
= 44,5 cm |
1 lang elb |
= 7 handbreedtes |
= 51,8 cm |
1 riet |
= 6 el |
= 2,67 m |
1 lang riet |
= 6 lang el |
= 3,11 m |
1 vaam |
= 1,8 m |
a Ook ’n maat vir droë stowwe wat met die homer ooreenkom.