-
Gebede—Herhalend of spontaan?Ontwaak! – 1992 | Junie 8
-
-
Wat het Christus Jesus gesê?
“As julle bid, gebruik nie ’n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word”a (Mattheüs 6:7). Ander vertalings druk dit só uit: “In julle gebede moet julle nie babbel soos die heidene nie” (The New English Bible). “Wanneer julle bid, moet julle nie leë uitdrukkings herhaaldelik gebruik soos die heidene nie”.—Revised Standard Version.
Party mense verwar omslagtigheid met godsaligheid, woordvlotheid met toewyding, herhaling en lengte met ’n besliste verhoring van hulle gebede. Maar God bepaal nie die waarde van ’n gebed deur die lengte daarvan nie. Jesus wou beslis nie gehad het dat sy volgelinge onveranderlike formuliere moes gebruik of gebede soos gedigte moes opsê nie. Bowendien, van watter blywende waarde is rosekranse, gebedeboeke of bidwiele?
Nadat Jesus die bogenoemde gesê het, het hy sy dissipels ’n modelgebed gegee—die bekende Onse Vader-gebed (Mattheüs 6:9-13). Maar wou hy hê dat hulle hierdie selfde woorde van toe af soos ’n papegaai moes herhaal? Nee. Trouens, toe Jesus dit meer as ’n jaar later herhaal, het selfs hy nie presies dieselfde woorde gebruik nie (Lukas 11:2-4). Is daar enige verslag wat sê dat die vroeë Christene dit gedoen het of dat hulle ander vormgebede herhaal het? Dit antwoord is weer eens nee.
-
-
Gebede—Herhalend of spontaan?Ontwaak! – 1992 | Junie 8
-
-
a Die woord (bat·ta·lo·geʹo) wat as “herhaling van woorde” vertaal word, word net een keer in die Bybel gebruik, en dit beteken “‘om te babbel’ deur herhalings in jou gebede te gebruik in die hoop dat jou gebede verhoor sal word”.—Theological Dictionary of the New Testament.
-