Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Gebede wat gewis verhoor sal word
    Die Wagtoring – 1991 | September 15
    • DAAR is gebede wat gewis verhoor sal word. Die kern van hierdie gebede is vervat in ’n model wat Jesus Christus aan sy dissipels gegee het toe hy gesê het: “So moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde”.—Mattheüs 6:9-13.

  • Gebede wat gewis verhoor sal word
    Die Wagtoring – 1991 | September 15
    • “Laat u koninkryk kom”

      Jesus het vir sy volgelinge ook gesê om te bid: “Laat u koninkryk kom.” Gebede dat God se Koninkryk moet kom, sal beslis verhoor word. Die Koninkryk is Jehovah se oppermagtige heerskappy wat beliggaam word in ’n hemelse Messiaanse regering in die hande van sy Seun, Jesus Christus, en sy mede-“heiliges” (Daniël 7:13, 14, 18, 22, 27; Jesaja 9:5, 6). Jehovah se Getuies het lank reeds uit die Skrif bewys dat Jesus in die jaar 1914 as hemelse Koning gekroon is. Waarom moet enigiemand dan in daardie geval bid dat die Koninkryk moet “kom”?

      Wanneer ons bid dat die Koninkryk moet kom, vra ons in werklikheid dat dit teen alle teenstanders van goddelike heerskappy op aarde moet optree. Binnekort sal die “koninkryk [van God] . . . al daardie [aardse] koninkryke verbrysel en daar ’n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan” (Daniël 2:44). Hierdie gebeurtenis sal tot die heiliging van Jehovah se heilige naam bydra.

      “Laat u wil geskied”

      Jesus het sy dissipels voorts opdrag gegee om te bid: “Laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde.” Dit is ’n versoek dat Jehovah ooreenkomstig sy wil vir die aarde moet optree. Dit is soortgelyk aan die psalmis se verklaring: “Alles wat die HERE behaag, doen Hy, in die hemel en op die aarde, in die seë en al die dieptes. Hy wat die dampe laat opgaan van die einde van die aarde af, bliksemstrale by die reën maak, die wind uit sy skatkamers laat uitgaan; wat die eersgeborenes van Egipte getref het, van mense sowel as van vee; wat tekens en wonders gestuur het binne-in jou, o Egipte, teen Farao en teen al sy knegte; wat baie nasies verslaan het en magtige konings gedood het.”—Psalm 135:6-10.

      Wanneer ons bid dat Jehovah se wil op aarde moet geskied, vra ons dat hy sy voorneme met betrekking tot hierdie aardbol moet uitvoer. Dit sluit die algehele uitwissing van sy teenstanders in, net soos hy hulle op klein skaal in die ou tyd uitgewis het (Psalm 83:10-19; Openbaring 19:19-21). Gebede dat Jehovah se wil wêreldwyd en dwarsdeur die heelal moet geskied, sal gewis verhoor word.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel