Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Jesus openbaar “God se wysheid”
    Kom nader aan Jehovah
    • 6-8. (a) Watter dwingende redes gee Jesus om angstigheid te vermy? (b) Wat toon dat Jesus se raad wysheid van bo weerspieël?

      6 Dink byvoorbeeld aan Jesus se wyse raad oor hoe om angstigheid oor materiële dinge te verwerk, soos opgeteken in Matteus hoofstuk 6. “Hou op om bekommerd te wees oor julle lewens, oor wat julle sal eet of oor wat julle sal drink, of oor julle liggame, oor wat julle sal aantrek”, maan Jesus ons (vers 25). Kos en klere is basiese benodigdhede, en dit is net natuurlik om besorg te wees oor hoe ’n mens dit kan verkry. Maar Jesus sê vir ons om ‘op te hou om bekommerd te wees’ oor sulke dinge.b Waarom?

      7 Luister na Jesus se oortuigende redenasie. Aangesien Jehovah vir ons lewe en ’n liggaam gegee het, kan hy tog sekerlik kos voorsien om daardie lewe te onderhou en klere om daardie liggaam te klee (vers 25). As God voëls van kos voorsien en blomme met prag klee, hoeveel te meer sal hy dan vir sy menslike aanbidders sorg! (vers 26, 28-30). En onnodige kommer het in elk geval geen sin nie. Dit kan ons lewe nie eens met ’n fraksie verleng nie (vers 27).c Hoe kan ons angstigheid vermy? Jesus gee ons die raad: Hou aan om God se aanbidding eerste in die lewe te stel. Diegene wat dit doen, kan die vertroue hê dat al hulle daaglikse behoeftes vir hulle ‘bygevoeg sal word’ deur hulle hemelse Vader (vers 33). Laastens maak Jesus ’n baie praktiese voorstel – neem een dag op ’n slag. Waarom sal ons môre se bekommernisse by vandag s’n voeg? (vers 34). En waarom sal ons ons onnodig bekommer oor dinge wat dalk nooit sal gebeur nie? As ons hierdie wyse raad toepas, kan dit ons groot verdriet in hierdie spanningsvolle wêreld spaar.

  • Jesus openbaar “God se wysheid”
    Kom nader aan Jehovah
    • b Die Griekse werkwoord wat met “bekommerd” weergegee word, beteken “om die aandag af te trek”. Soos dit in Matteus 6:25 gebruik word, verwys dit na kommer en vrees wat die aandag aftrek of verdeel en die lewe van alle vreugde ontneem.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel