Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Openbaar vertroue in Jehovah—deur die dinge wat geleer word toe te pas
    Die Wagtoring – 1988 | Augustus 15
    • 11. Hoe is party vasgevang in die najaging van materiële dinge, en waarom is dit onverstandig?

      11 “Soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word” (Mattheüs 6:33). Hoe jammer tog wanneer party nie op hierdie woorde ag slaan nie! Omdat hulle die mite van finansiële veiligheid sluk, jaag hulle rykdom, geleerdheid en wêreldse loopbane koorsagtig na en ‘vertrou hulle op hulle besittings’ (Psalm 49:6, NAV). Salomo waarsku: “Moet jou nie afsloof om ryk te word nie . . . Jy het nog skaars die rykdom gesmaak of dit is weg; dit kry vlerke en vlieg die lug in soos ’n arend.”—Spreuke 23:4, 5, NAV.

  • Openbaar vertroue in Jehovah—deur die dinge wat geleer word toe te pas
    Die Wagtoring – 1988 | Augustus 15
    • 13. Waarom is dit die beste om met “voedsel en klere” tevrede te wees?

      13 Diegene wat op Jehovah vertrou om na hulle om te sien, spaar hulleself baie pyn en angs. Om bloot met “voedsel en klere” tevrede te wees, beteken dalk wel ’n meer beskeie lewenstandaard (1 Timotheüs 6:8). Maar waardevolle “goed bring geen voordeel op die dag van die grimmigheid nie” (Spreuke 11:4). Wanneer ons ons diens aan Jehovah uitbrei, stel ons ons boonop in ’n posisie om “die seën van Jehovah” te ontvang wat ‘ryk maak, en hy voeg daar geen smart by nie’.—Spreuke 10:22, NW.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel