-
Wie sal deur Jehovah goedgekeur word?Die Wagtoring – 1988 | November 15
-
-
2 Nadat Johannes beskeie ingewillig het en Jesus uit die water opgekom het, “gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos ’n duif neerdaal”. Boonop “kom [daar] ’n stem uit die hemele wat sê: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ’n welbehae het [“wat ek goedgekeur het”, NW]” (Mattheüs 3:16, 17; Markus 1:11, vgl. NW). Wat ’n verklaring! Ons almal geniet dit om iemand vir wie ons respek het te behaag (Handelinge 6:3-6; 16:1, 2; Filippense 2:19-22; Mattheüs 25:21). Stel jou dan voor hoe jy sal voel as die almagtige God sê: ‘Ek het jou goedgekeur!’
-
-
Wie sal deur Jehovah goedgekeur word?Die Wagtoring – 1988 | November 15
-
-
Wat het sy woorde beteken?
4. (a) Wat is die betekenis van die Griekse woord vir “goedgekeur” in God se verklaring? (b) Waarom is die gebruik hiervan in hierdie geval van besondere belang?
4 In die Evangelieverslae van God se woorde: ‘Ek het [Jesus] goedgekeur’, word die Griekse werkwoord eu·do·keʹo gebruik (Mattheüs 3:17, NW; Markus 1:11, NW; Lukas 3:22, NW). Dit beteken “om ingenome te wees, gunstig te beskou, behae te skep in”, en die selfstandige naamwoord het die betekenis van “welwillendheid, behae, guns, wens, begeerte”. Eu·do·keʹo is nie tot goddelike goedkeuring beperk nie. Christene in Macedonië het dit byvoorbeeld “goedgevind” om ander geldelik te help (Romeine 10:1, NW; 15:26; 2 Korinthiërs 5:8, NW; 1 Thessalonicense 2:8; 3:1, NW). Nietemin is die goedkeuring wat Jesus ontvang het deur God uitgespreek, nie deur mense nie. Hierdie woord word in verband met Jesus gebruik slegs nadat hy gedoop is (Mattheüs 17:5, NW; 2 Petrus 1:17, NW). Interessant genoeg gebruik Lukas 2:52 ’n ander woord—khaʹris—wanneer dit meld dat Jesus as ’n ongedoopte jong man “genade” van God en mense ontvang het.
-