Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Voorbereid om te preek ondanks vervolging
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
    • Jesus gee sy apostels uitstekende instruksies oor hoe om die predikingswerk te doen wanneer hulle twee-twee uitgaan. Maar dit is nie al wat hy doen nie. Hy waarsku hulle vriendelik dat daar teenstanders sal wees: “Kyk! Ek stuur julle uit soos skape onder wolwe. . . . Julle moet oppas, want mense sal julle aan plaaslike howe oorlewer, en hulle sal julle in hulle sinagoges met gésels slaan. Julle sal voor goewerneurs en konings gebring word ter wille van my.” – Matteus 10:16-18.

  • Voorbereid om te preek ondanks vervolging
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
    • Watter uitstekende instruksies, waarskuwings en aanmoediging het Jesus sy 12 apostels gegee! ’n Mens kan egter verstaan dat hierdie woorde ook bedoel is vir dié wat ná Jesus se dood en opstanding aan die predikingswerk sal deelneem. Dit word gewys deur die feit dat hy gesê het dat sy dissipels “deur alle mense gehaat [sal] word”, nie net deur dié na wie die apostels gestuur is nie. Ons lees ook nie dat die apostels gedurende hierdie kort predikingskampanje in Galilea voor goewerneurs en konings gebring is of dat hulle deur familielede aan die dood oorgelewer is nie.

      Dit is duidelik dat Jesus van die toekoms praat wanneer hy hierdie dinge vir die apostels sê. Dink hieraan: Hy sê dat sy dissipels nie hulle predikingswerk sal voltooi “voordat die Seun van die mens kom nie”. Jesus wys dat sy dissipels nie die werk om God se Koninkryk te verkondig, sal voltooi voordat die verheerlikte Koning Jesus Christus as God se regter kom nie.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel