-
Voorbereid om te preek ondanks vervolgingJesus – Die weg, die waarheid, die lewe
-
-
Ja, Jesus se volgelinge sal dalk erg vervolg word, maar hy maak hierdie vertroostende belofte aan hulle: “Wanneer hulle julle oorlewer, moet julle nie bekommerd wees oor wat julle moet sê of hoe julle dit moet sê nie, want wat julle moet sê, sal op daardie tyd aan julle gegee word, want dit is nie net julle wat praat nie, maar dit is die gees van julle Vader wat deur julle praat.” Jesus sê verder: “Die een broer [sal] die ander broer aan die dood oorlewer, en ’n pa sy kind, en kinders sal teen ouers opstaan en hulle laat doodmaak. En julle sal deur alle mense gehaat word as gevolg van my naam, maar die een wat tot die einde toe volhard, sal gered word.” – Matteus 10:19-22.
-
-
Voorbereid om te preek ondanks vervolgingJesus – Die weg, die waarheid, die lewe
-
-
Watter uitstekende instruksies, waarskuwings en aanmoediging het Jesus sy 12 apostels gegee! ’n Mens kan egter verstaan dat hierdie woorde ook bedoel is vir dié wat ná Jesus se dood en opstanding aan die predikingswerk sal deelneem. Dit word gewys deur die feit dat hy gesê het dat sy dissipels “deur alle mense gehaat [sal] word”, nie net deur dié na wie die apostels gestuur is nie. Ons lees ook nie dat die apostels gedurende hierdie kort predikingskampanje in Galilea voor goewerneurs en konings gebring is of dat hulle deur familielede aan die dood oorgelewer is nie.
Dit is duidelik dat Jesus van die toekoms praat wanneer hy hierdie dinge vir die apostels sê. Dink hieraan: Hy sê dat sy dissipels nie hulle predikingswerk sal voltooi “voordat die Seun van die mens kom nie”. Jesus wys dat sy dissipels nie die werk om God se Koninkryk te verkondig, sal voltooi voordat die verheerlikte Koning Jesus Christus as God se regter kom nie.
-