-
’n Voorafskaduwing van Christus se KoninkryksheerlikheidDie Wagtoring – 1988 | Januarie 1
-
-
JESUS onderbreek sy reis na Cesarea-Filippi, en hy onderrig ’n groot menigte saam met sy apostels. Hy doen hierdie verbasende mededeling aan hulle: “Voorwaar Ek sê vir julle, daar is sommige van die wat hier staan, wat die dood sekerlik nie sal smaak voordat hulle die Seun van die mens in sy koninkryk sien kom het nie.”
‘Wat bedoel Jesus?’ wonder die dissipels seker. Ongeveer ’n week later neem Jesus Petrus, Jakobus en Johannes saam met hom, en hulle klim ’n hoë berg. Dit is waarskynlik in die nag, aangesien die dissipels vaak is. Terwyl Jesus bid, verander hy voor hulle van gedaante. Sy gesig begin soos die son blink, en sy klere word helder soos die lig.
-
-
’n Voorafskaduwing van Christus se KoninkryksheerlikheidDie Wagtoring – 1988 | Januarie 1
-
-
Hoe bemoedigend is hierdie gesig tog vir Jesus sowel as sy dissipels! Die gesig is as ’t ware ’n voorafskaduwing van Christus se Koninkryksheerlikheid. Die dissipels het in werklikheid die “Seun van die mens in sy koninkryk sien kom”, net soos Jesus ’n week vroeër belowe het. Na Jesus se dood het Petrus geskryf dat hulle ‘aanskouers van Christus se majesteit was toe hulle saam met Hom op die heilige berg was’.
-