Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Christenvroue verdien eer en respek
    Die Wagtoring – 1995 | Julie 15
    • 10 Aangaande egskeiding is Jesus hierdie vraag gevra: “Is dit ’n man geoorloof om op sommer enige grond van sy vrou te skei?” Volgens Markus se verslag het Jesus gesê: “Elkeen wat van sy vrou skei [behalwe op grond van hoerery] en met ’n ander trou, pleeg egbreuk teen haar, en as ’n vrou, nadat sy van haar man geskei het, ooit weer met ’n ander een trou, pleeg sy egbreuk” (Markus 10:10-12; Matteus 19:3, 9). Daardie eenvoudige woorde het respek vir die waardigheid van vroue getoon. Hoe so?

  • Christenvroue verdien eer en respek
    Die Wagtoring – 1995 | Julie 15
    • 12. Watter beskouing het Jesus met die woorde “pleeg egbreuk teen haar” ingebring?

      12 Tweedens, deur die uitdrukking “pleeg egbreuk teen haar” het Jesus ’n beskouing ingebring wat nie in die rabbynse howe erken is nie—die opvatting dat ’n man egbreuk teen sy vrou kan pleeg. The Expositor’s Bible Commentary verduidelik: “In rabbynse Judaïsme kon ’n vrou deur ontrouheid egbreuk teen haar man pleeg; en ’n man kon, deur geslagsgemeenskap met ’n ander man se vrou te hê, egbreuk teen hom pleeg. Maar ’n man kon nooit egbreuk teen sy vrou pleeg nie, ongeag wat hy doen. Deur die man onder dieselfde sedelike verpligting as sy vrou te plaas, het Jesus die status en waardigheid van vroue verhef.”

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel