Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Twee illustrasies oor wingerde
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
    • Jesus vertel nog ’n illustrasie. Hierdie keer wys Jesus dat die godsdiensleiers nie net nagelaat het om God te dien nie; hulle is eintlik goddeloos. “’n Man het ’n wingerd geplant,” vertel Jesus, “en ’n heining daarom gesit en ’n wynpers uitgekap en ’n toring opgerig. Toe het hy dit aan landbouers verhuur en na die buiteland gereis. Op die regte tyd het hy ’n slaaf na die landbouers toe gestuur om van die druiwe van die wingerd by hulle te gaan haal. Maar hulle het hom gevat, hom geslaan en hom met leë hande weggestuur. Toe het hy ’n ander slaaf na hulle toe gestuur, en hulle het hom oor die kop geslaan en hom verneder. Hy het nog een gestuur, en hulle het hom doodgemaak. Hy het ook baie ander gestuur, en hulle het party geslaan en party doodgemaak.” – Markus 12:1-5.

      Sal dié wat na Jesus luister, die illustrasie verstaan? Wel, hulle onthou dalk Jesaja se woorde: “Die wingerd van Jehovah van die leërmagte is die huis van Israel. Die manne van Juda is die wingerd waarvoor hy lief was. Hy het bly hoop op geregtigheid, maar daar was net ongeregtigheid” (Jesaja 5:7). Jesus se illustrasie is soortgelyk aan Jesaja s’n. Die landeienaar is Jehovah, en die wingerd is die nasie Israel wat omhein is en beskerm word deur God se Wet. Jehovah het profete gestuur om sy volk te onderrig en te help om goeie vrugte voort te bring.

  • Twee illustrasies oor wingerde
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
    • Met hierdie woorde spreek hulle onwetend oordeel oor hulleself uit, want hulle is deel van “die landbouers” van Jehovah se “wingerd”, die nasie Israel. Die vrug wat Jehovah met reg van sulke landbouers verwag, sluit geloof in sy Seun, die Messias, in. Jesus kyk reguit na die godsdiensleiers en sê: “Het julle nog nooit die volgende gedeelte in die Skrif gelees nie? ‘Die steen wat die bouers verwerp het, het die belangrikste hoeksteen geword. Dit het van Jehovah af gekom, en dit is wonderlik in ons oë’” (Markus 12:10, 11). Dan sê Jesus reguit: “Die Koninkryk van God sal van julle weggeneem word en aan ’n nasie gegee word wat die regte vrugte voortbring.” – Matteus 21:43.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel