-
“Dáár is die mens!”Die Wagtoring – 1991 | Januarie 1
-
-
Ooreenkomstig hulle eise—en in ’n poging om die skare tevrede te stel, pleks van te doen wat hy weet reg is—laat Pilatus dus Barabbas vir hulle los. Hy neem Jesus en laat sy klere uittrek en laat hom gesel. Dit was nie sommer net gewone slae met ’n sweep nie. The Journal of the American Medical Association beskryf die Romeinse gebruik van geseling:
“Die instrument was gewoonlik ’n kort sweep (gesel) met etlike enkel of gevlegte leerriempies van verskillende lengtes, waaraan klein ysterkoeëltjies of skaapbene op ’n paar plekke vasgeknoop is. . . . Wanneer die Romeinse soldate met al hulle krag herhaaldelik op die slagoffer se rug geslaan het, het die ysterkoeëltjies diep kneusplekke veroorsaak, en die leerriempies en skaapbene het in die vel en die weefsel onder die vel ingesny. Dan, hoe langer hulle gegesel is, het die skeurwonde tot in die onderliggende skeletspiere ingeskeur en bewende flenters bloeiende vleis tot gevolg gehad.”
-
-
“Dáár is die mens!”Die Wagtoring – 1991 | Januarie 1
-
-
Hoewel hy gekneus en geslaan is, staan die merkwaardigste persoon van alle tye hier, waarlik die grootste mens wat ooit gelewe het! Ja, Jesus toon ’n stille waardigheid en kalmte wat getuig van grootsheid wat selfs Pilatus moet erken, want sy woorde weerspieël blykbaar respek sowel as jammerte. Johannes 18:39–19:5; Mattheüs 27:15-17, 20-30, vgl. NW; Markus 15:6-19; Lukas 23:18-25, vgl. NW.
-