Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • “Jehovah, ’n barmhartige en genadige God”
    Die Wagtoring – 1998 | Oktober 1
    • 12, 13. Watter faktore het sommige vandag gehelp om tot besinning te kom? (Sien venster.)

      12 “Toe hy tot besinning kom, het hy gesê: ‘Hoeveel huurlinge van my vader het brood in oorvloed, terwyl ek hier van die honger vergaan! Ek sal opstaan en na my vader toe reis en vir hom sê: “Vader, ek het teen die hemel en teen u gesondig. Ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie. Maak my soos een van u huurlinge.”’ Hy het dus opgestaan en na sy vader toe gegaan.”—Lukas 15:17-20.

  • “Jehovah, ’n barmhartige en genadige God”
    Die Wagtoring – 1998 | Oktober 1
    • 14. Wat het die verlore seun hom voorgeneem, en hoe het hy sodoende nederigheid aan die dag gelê?

      14 Maar wat kan diegene wat afgedwaal het omtrent hulle situasie doen? In Jesus se gelykenis het die verlore seun besluit om terug huis toe te gaan en sy vader om vergifnis te smeek. “Maak my soos een van u huurlinge”, het die verlore seun hom voorgeneem om te sê. ’n Gehuurde kneg was ’n dagwerker wat ’n dag kennis gegee en afgedank kon word. Dit was selfs laer as ’n slaaf wat in ’n sekere sin soos ’n gesinslid was. Die verlore seun het dus nie in gedagte gehad om te vra dat hy tot sy voormalige posisie as ’n seun herstel word nie. Hy sou heeltemal bereid wees om die laagste posisie te aanvaar sodat hy sy hernieude lojaliteit van dag tot dag aan sy vader kon bewys. Maar daar het ’n verrassing op die verlore seun gewag.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel