Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Die verlore seun keer terug
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
    • Die pa praat met sy oudste seun

      Intussen is die pa se oudste seun op die landery. Jesus sê: “Toe hy daarvandaan terugkeer en naby die huis kom, het hy gehoor hoe daar musiek gespeel en gedans word. Toe het hy een van die knegte geroep en gevra wat aan die gang is. Die kneg het vir hom gesê: ‘U broer het gekom, en u pa het die vetgemaakte kalf geslag omdat hy hom gesond teruggekry het.’ Maar hy het kwaad geword en geweier om in te gaan. Toe het sy pa uitgekom en hom begin smeek om in te kom. Hy het sy pa geantwoord: ‘Kyk! Al hierdie jare het ek Pa soos ’n slaaf gedien, en ek was nog nooit ongehoorsaam aan Pa nie, en tog het Pa nog nooit vir my ’n boklam gegee sodat ek saam met my vriende kan feesvier nie. Maar die oomblik toe hierdie seun wat Pa se geld saam met prostitute gemors het, hier aankom, het Pa die vetgemaakte kalf vir hom geslag.’” – Lukas 15:25-30.

      Wie was, soos die oudste seun, krities oor Jesus se genade en die aandag wat hy aan die gewone mense en sondaars gegee het? Die skrifgeleerdes en Fariseërs. Jesus het hierdie illustrasie juis vertel omdat hulle hom gekritiseer het nadat hy sondaars verwelkom het. Enigiemand wat natuurlik krities is teenoor God se genade, moet hierdie les ernstig opneem.

  • Die verlore seun keer terug
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
    • Jesus sê nie wat die oudste seun op die ou end doen nie. Maar ná Jesus se dood en opstanding het ‘’n groot groep priesters gelowiges geword’ (Handelinge 6:7). Onder hierdie groep was daar dalk party wat gehoor het hoe Jesus hierdie kragtige illustrasie vertel oor die seun wat verlore was. Ja, dit was selfs vir hulle moontlik om tot hulle sinne te kom, berou te toon en na God terug te keer.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel