-
Beplan vooruit – Gebruik praktiese wysheidJesus – Die weg, die waarheid, die lewe
-
-
Jesus veroordeel nie die bestuurder se metodes nie, en hy moedig mense ook nie aan om slinks op te tree wanneer hulle besigheid doen nie. Wat is dan sy punt? Hy spoor die dissipels aan: “Maak vir julle vriende deur middel van die rykdom van hierdie onregverdige wêreld, sodat hulle julle in die ewige woonplekke sal ontvang wanneer hierdie rykdom wegval” (Lukas 16:9). Ja, Jesus leer mense hier dat hulle vooruit moet dink en praktiese wysheid moet gebruik. God se knegte, “die kinders van die lig”, moet hulle geld en besittings verstandig gebruik, met die ewige toekoms in gedagte.
Slegs Jehovah God en sy Seun kan iemand ontvang in die hemelse Koninkryk of in die Paradys op aarde onder daardie Koninkryk. Ons moet hard werk om hulle vriende te word deur die materiële rykdom wat ons het, te gebruik om Koninkryksbelange te ondersteun. Ons ewige toekoms sal dus seker wees wanneer goud, silwer en ander materiële rykdom nie meer daar sal wees nie.
-
-
Beplan vooruit – Gebruik praktiese wysheidJesus – Die weg, die waarheid, die lewe
-
-
Jesus wys vir sy dissipels dat daar baie van hulle verwag sal word as hulle “die ewige woonplekke” wil binnegaan. Iemand kan nie ’n ware kneg van God wees en ook ’n slaaf van onregverdige, materiële rykdom wees nie. Jesus sluit af deur te sê: “Niemand kan ’n slaaf vir twee meesters wees nie, want hy sal die een haat en die ander een liefhê, of hy sal lojaal wees aan die een en die ander een nie kan verdra nie. Julle kan nie slawe van God en van Rykdom wees nie.” – Lukas 16:9, 13.
-