Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Is jou gawe ’n opoffering?
    Die Wagtoring – 1987 | Desember 1
    • “Elke kis was vir ’n ander doel, wat deur ’n inskripsie in Hebreeus aangedui is. Die eerste inskripsie was: Nuwe sikkels; dit wil sê, sikkels wat vir die huidige jaar se uitgawes opsygesit is. Die tweede: Ou sikkels; dit wil sê, sikkels wat aan die uitgawes van die vorige jaar gewy is. Derdens: Tortelduiwe en jong duiwe; die geld wat in hierdie kis geplaas is, was die prys wat betaal moes word deur diegene wat twee tortelduiwe of twee jong duiwe moes offer, die een as ’n brandoffer, die ander as ’n sondoffer. Bokant die vierde kis is geskryf: Brandoffers; hierdie geld het die koste van die ander brandoffers gedek. Die vyfde inskripsie was: Hout, en het die getroues se gawes vir die koop van hout vir die altaar bevat. Die sesde: Wierook (geld om wierook te koop). Die sewende: Vir die heiligdom (geld vir die versoendeksel). Die ses oorblywende kiste het die inskripsie Vrywillige offers gehad.”

  • Is jou gawe ’n opoffering?
    Die Wagtoring – 1987 | Desember 1
    • Die Wet het ook vereis dat die mense verskillende offers namens hulself maak. Sommige was vir sondes wat gepleeg is, ander om seremoniële redes en nog ander as blyk van hulle toegewydheid en danksegging. Die houers met die inskripsie “Tortelduiwe en jong duiwe” en “Brandoffers” sou hiervoor wees. Die boek The Temple, Its Ministry and Services sê dat “daardie vroue, wat tortelduiwe as ’n brand- en ’n sondoffer moes bring, hulle ekwivalent in geld in Trompet III ingegooi het, waarna dit daagliks uitgehaal en ’n ooreenstemmende getal tortelduiwe geoffer is”. Dit is waarskynlik wat die ouers van die kindjie Jesus gedoen het.—Kyk Lukas 2:22-24; Levitikus 12:6-8.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel