Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Die seën van Jehovah maak ryk
    Die Wagtoring – 1986 | Junie 15
    • 5. Wat was Jesus se beskouing van rykdom?

      5 Jesus het dikwels die gevaar van rykdom aangeroer, want dit is ’n gevaar wat almal in die gesig staar, diegene wat ryk is en diegene wat nie ryk is nie (Mattheüs 6:24-32; Lukas 6:24; 12:15-21). Kyk wat Jesus by een geleentheid gesê het, soos opgeteken in Mattheüs 19:16-24, Markus 10:17-30 en Lukas 18:18-30, en gebruik dit as ’n grondslag vir persoonlike ondersoek. Hou gerus sommer nou op en lees een of al hierdie verslae.

      6, 7. (a) Watter gesprek het tussen Jesus en ’n jongman plaasgevind? (b) Watter raad het Jesus daarna gegee?

      6 ’n Jong owerste het na Jesus toe gekom en gevra: “Wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?” Jesus het hom na die Wet verwys en so getoon dat Jehovah nie versuim het om aan te dui wat nodig is nie. Die man het geantwoord dat hy God se gebooie ‘van sy jeug af’ onderhou het. Dit was asof hy by die deur tot die lewe was, maar hy het aangevoel dat hy nog iets kortkom. Miskien het hy gedink dat daar nog iets goeds, die een of ander heldedaad, was wat die laaste stap deur die deur tot die ewige lewe sou wees. Jesus se antwoord het verreikende implikasies: “Verkoop alles wat jy het, en verdeel dit onder die armes, en jy sal ’n skat in die hemel hê; kom dan hier, volg My.” Wat het gebeur? “Toe hy dit hoor, het hy diep bedroef geword, want hy was baie ryk [of, het baie besittings gehad].” Die man het dus weggegaan.​—Lukas 18:18, 21-23; Markus 10:22.

  • Die seën van Jehovah maak ryk
    Die Wagtoring – 1986 | Junie 15
    • 8. (a) Watter soort persoon was die jong Joodse owerste? (b) Watter tekortkoming het hy gehad, en waarom moet ons daarin belangstel?

      8 Dit sal jou dalk help om daardie jong owerste se situasie te verstaan as jy jou ’n moderne ekwivalent voorstel​—’n eerbare jong Christen met goeie Bybelkennis, rein sedes en uit ’n welgestelde gesin. Jy beny miskien so ’n persoon vandag. Maar Jesus het ’n ernstige tekortkoming in die jong Jood gevind: Sy rykdom en besittings was te belangrik in sy lewe. Jesus het dus die voormelde raad gegee. Jy kan sien waarom hierdie Bybelverslag vir ons almal is, hetsy ryk of arm. Geld en besittings kan vir enigeen van ons te belangrik word, hetsy ons dit reeds het of net begeer om dit te hê.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel