Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Jerusalem en die tempel wat Jesus geken het
    ‘Sien die goeie land’
    • Jesus het dikwels by sy vriende Lasarus, Maria en Marta in Betanië, “omtrent drie kilometer” oos van Jerusalem, gaan kuier. (Joh 11:1, 18, voetnoot in naslaanuitgawe; Lu 10:38-42; 19:29; sien “Jerusalem-omgewing”, bladsy 18.) ’n Paar dae voor sy dood het Jesus oor die Olyfberg na Jerusalem toe gegaan. Stel jou voor hoe hy gaan staan het, weswaarts oor die stad uitgekyk en daaroor gehuil het (Lu 19:37-44). Sy uitsig sou baie dieselfde gewees het as wat jy boaan die volgende bladsy sien. Toe het hy Jerusalem op die hingsvul van ’n eselin binnegegaan, waarskynlik deur een van die stad se oostelike poorte. Skares het hom as Israel se toekomstige Koning begroet.—Mt 21:9-12.

  • Jerusalem en die tempel wat Jesus geken het
    ‘Sien die goeie land’
    • Jerusalem en die tempel wat Jesus geken het

      KORT ná Jesus se geboorte het Josef en Maria hom na die stad geneem waar sy hemelse Vader Sy naam gevestig het—Jerusalem (Lu 2:22-39). Op 12-jarige ouderdom was Jesus weer daar, vir die Pasga. Hy het die leermeesters by die tempel verbaas met sy begrip (Lu 2:41-51). Die werk aan daardie tempelkompleks, deel van Herodes die Grote se bouprogram, het meer as “ses-en-veertig jaar” geduur.—Joh 2:20.

      Gedurende sy bediening het Jesus feeste in Jerusalem bygewoon, waar hy dikwels skares onderrig het. Hy het geldwisselaars en handelaars twee keer uit die tempelvoorhof uitgedryf.—Mt 21:12; Joh 2:13-16.

      Noord van die tempel, by die bad Betsata, het Jesus ’n man genees wat 38 jaar lank gely het. God se Seun het ook ’n blinde man laat sien deur hom te stuur om hom in die bad Siloam, in die suidelike deel van die stad, te was.—Joh 5:1-15; 9:1, 7, 11.

      Jesus het dikwels by sy vriende Lasarus, Maria en Marta in Betanië, “omtrent drie kilometer” oos van Jerusalem, gaan kuier. (Joh 11:1, 18, voetnoot in naslaanuitgawe; Lu 10:38-42; 19:29; sien “Jerusalem-omgewing”, bladsy 18.) ’n Paar dae voor sy dood het Jesus oor die Olyfberg na Jerusalem toe gegaan. Stel jou voor hoe hy gaan staan het, weswaarts oor die stad uitgekyk en daaroor gehuil het (Lu 19:37-44). Sy uitsig sou baie dieselfde gewees het as wat jy boaan die volgende bladsy sien. Toe het hy Jerusalem op die hingsvul van ’n eselin binnegegaan, waarskynlik deur een van die stad se oostelike poorte. Skares het hom as Israel se toekomstige Koning begroet.—Mt 21:9-12.

      Belangrike gebeurtenisse voor Jesus se dood het by plekke in of naby Jerusalem plaasgevind: die tuin van Getsemane, waar Jesus gebid het; die Sanhedrinsaal; die huis van Kajafas; die paleis van goewerneur Pilatus en uiteindelik Golgota.—Mr 14:32, 53–15:1, 16, 22; Joh 18:1, 13, 24, 28.

      Ná sy opstanding het Jesus in en om Jerusalem verskyn (Lu 24:1-49). Toe het hy van die Olyfberg af na die hemel opgevaar.—Han 1:6-12.

      [Diagram op bladsy 31]

      (Sien publikasie vir oorspronklike teksuitleg)

      Jerusalem/Herod se tempel

      Kenmerke van die tempel

      1. Die Allerheiligste

      2. Die Heilige

      3. Brandofferaltaar

      4. Gegote see

      5. Voorhof van die priesters

      6. Voorhof van Israel

      7. Voorhof van die vroue

      8. Voorhof van die heidene

      9. Skeidsmuur (Soreg)

      10. Koninklike pilaargang

      11. Salomo se pilaargang

      TEMPEL

      Poort

      Voorhof van die priesters

      Poort

      Die Die Brandofferaltaar Voorhof Voorhof

      Allerheiligste Heilige van van

      Israel die vroue

      Gegote

      see

      Poort Salomo se

      Skeidsmuur (Soreg) pilaargang

      Court of Gentiles

      Poort

      Koninklike pilaargang

      Poorte

      Antoniatoring

      Brug

      Sanhedrinsaal?

      TYROPOEONVALLEI

      Bad Siloam

      Akwaduk

      Kajafas se huis?

      Goewerneur se paleis

      Golgota?

      Golgota?

      Bad Betsata

      Tuin van Getsemane?

      OLYFBERG

      KIDRONVALLEI

      Gihonfontein

      En-Rogel

      HINNOMVALLEI (GEHENNA)

      [Prente op bladsy 30]

      Uitsig na die ooste oor moderne Jerusalem: (A) tempelterrein, (B) tuin van Getsemane, (C) Olyfberg, (D) wildernis van Juda, (E) Dooie See

      [Prent op bladsy 31]

      Uitsig in Jesus se dag van die Olyfberg af na die weste

Afrikaanse publikasies (1975-2027)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel